Sunday 1 November 2015

OPERATIEWE PREDING.


OPERATIEWE PREDING.

Het jy somtyds na ‘n preek geluister met net ‘n klomp aksie woorde daarin? Die Prediker verwag van jou om deel te neem aan die aksies van die gemeente, om meer by te dra, om die eredienste gereeld by te woon, om die besaar te ondersteun, om te help met die skoustalletjie, om gereeld te bid, om die siekes te versorg, om barhartigheid te bewys, en om jou motor se ruit in ‘n misdaad-land oop te maak om die bedelaars geldelik te ondersteun. Dan word die gebed ingespan om die aksie aanslag verder te ondersteun.

Jy stap daar moeg, skuldig en sat van alles wat jy moet doen by die kerk uit. Van die Woordverkondiging het niks tereg gekom nie.

In een boodskap wat ek gehoor het, het die Prediker die heel tyd met ‘n figuurlik gesproke boormasjien in die hand die liewe luisteraars se ore probeer oopboor om na die Woord te luister. Hy het nooit by die Woord uitgekom nie. Sy manierismes was so irriterend dat ek afgeskakel het.

Geseënd is die gemeente waar die Woord verkondig word. Geseënd is jy as jy vol verwondering vir God en Jesus Christus uit ‘n erediens stap.

No comments:

Post a Comment