Dit is met pynlike hartseer dat ek vandag my ou vriend, Joos Heunis aan
die dood moes afstaan. Hy het vroeër by die Volksblad gewerk. Ek sou ‘n lang
nekrologie oor hom kon skryf. As
gelowige was hy ‘n steunpilaar in die Kerk. Hy was ‘n entoesiastiese mens.
Ondernemend by uitstek. Saam met die
gemeente toere na die uithoeke van die land geneem, want Joos was getrou om
fondse in te samel om 120 mense teen ‘n minimale bedrag op so ‘n geleentheid te
neem. Busse gereël, etes gereël, slaapplek in gerieflike plekke en so is daar
geestelike onderwerpe tydens die toere deur verskeie mense aangebied. Ons het
talle christelle toere deur die land opgevoer, in die Sand du Plessis, ander kunsteaters, kerk en skoolsale. Joos het
bykans altyd PETRUS vertolk. Hy het by Skoue gehelp en was ‘n skitterende
ouderling. Hy het sy wyk met onderskeiding
gedien. Ons het tot laat nagte die wykslidmate besoek. Vir hom was dit nooit te
veel gevra nie. Mense het Kerk toegekom. So het talle mense wat nooit kerk
bygewoon het nie onder sy bearbeiding weereens eredienste bygewoon. Ek sal hom nooit vergeet nie. Sy erns en
humor was aansteeklik. Joos ek groet jou met diepe hartseer, ou maat. Jy is
veilig by jou Verlosser. Annatjie en die kinders julle het ‘n anker
verloor. Mag julle met vreugde dink aan ‘n vol lewe saam met hom.