Monday 1 May 2017

WERKERSDAG 2017.

WERKERSDAG 2017.
Vandag was daar 'n interessante gesprek op RSG oor Werkersdag. Volgens die gespreksleiers het die arbeidsmark verander. Iemand wat na Skool of Universiteitsopleiding die mark wil betree sal met 'n kreatiewe perspektief dit moet doen. Die beroepsgeleenthede waarin iemand 40 jaar lank gaan staan is heelwat minder as dekades gelede. Nou is die arbeidsmark 'n relatiewe omgewing. Sekerheid is min, pensioen, medies en allerhande byvoordele beperk. Die elektronika revolusie is hier. Dus is emosionele voorbereiding en deeglike beplanning noodsaaklik. Ons sal arbeidsmakelaars en beraders moet kry om mense in die nuwe era in die arbeidsmark te begelei. Minder eise en meer kreatiwiteit word geverg. Vakbonde sal moet nugter word en met hulle kiesfdelings praat ipv wilde eise en beloftes te maak.