Wednesday 11 November 2015

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Mat 9:22  En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af.

Ons oë weerkaats ons gemoed. Die vrou kyk as moedelose na Jesus. Siekte het haar oorweldig. Maar in die EEN se oë is daar wonderbare krag. Sonder sy wonderbare kyk, verlep alles. Maar as Hy wel na ons kyk, is selfs die onmoontlike moontlik.  

No comments:

Post a Comment