KLEURLOOSHEID
Kleurloosheid
is die blik wanneer mens en masjien mekaar verklik:
doem,
doem, doem weerklink die monitor
om
die vleesgeworde klank weergaloos te verklank
dit
is die soort klank wat weergalm
as
hamer en stiebeuel moerig oortyd werk.

doem, weerklink die monitor
om
die vleesgeworde klank weergaloos te verklank
dit
is die soort klank wat weergalm
as
hamer en stiebeuel mekaar moerig omhels
Die
fopspeen word obseleet
wanneer
die hartskok
geen
beweging in die odontologiese gebit
bring:
wanneer
die fopspeen ‘n terloopse obelisk
in
die obituaríus word.
No comments:
Post a Comment