Thursday 31 January 2019

SARA

Sara | Fiksie

Maretha Maartens
Lux Verbi


“Hoe praat die Onsigbare, Abram?” “Onontwykbaar.”
In dié roman word Abraham van die Bybel deur sy vrou Sara se oë gesien. Die Bybelse narratief word aangevul deur deeglik nagevorste materiaal uit ander bronne. Die leser word meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na die mense van die sondvloed, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara. En gekonfronteer met die Wese en die werklikheid van God.
 

Friday 23 November 2018

WYLE JOOS HEUNIS


Dit is met pynlike hartseer dat ek vandag my ou vriend, Joos Heunis aan die dood moes afstaan. Hy het vroeër by die Volksblad gewerk. Ek sou ‘n lang nekrologie oor hom kon skryf.  As gelowige was hy ‘n steunpilaar in die Kerk. Hy was ‘n entoesiastiese mens. Ondernemend  by uitstek. Saam met die gemeente toere na die uithoeke van die land geneem, want Joos was getrou om fondse in te samel om 120 mense teen ‘n minimale bedrag op so ‘n geleentheid te neem. Busse gereël, etes gereël, slaapplek in gerieflike plekke en so is daar geestelike onderwerpe tydens die toere deur verskeie mense aangebied. Ons het talle christelle toere deur die land opgevoer, in die Sand du Plessis,  ander kunsteaters, kerk en skoolsale. Joos het bykans altyd PETRUS vertolk. Hy het by Skoue gehelp en was ‘n skitterende ouderling.  Hy het sy wyk met onderskeiding gedien. Ons het tot laat nagte die wykslidmate besoek. Vir hom was dit nooit te veel gevra nie. Mense het Kerk toegekom. So het talle mense wat nooit kerk bygewoon het nie onder sy bearbeiding weereens eredienste bygewoon.  Ek sal hom nooit vergeet nie. Sy erns en humor was aansteeklik. Joos ek groet jou met diepe hartseer, ou maat. Jy is veilig by jou Verlosser.   Annatjie en die kinders julle het ‘n anker verloor. Mag julle met vreugde dink aan ‘n vol lewe saam met hom.

 

Tuesday 16 October 2018

GOD IS MY STERKE


Die moontlikheid bestaan dat daar ‘n gevoel van eksistensiële sinloosheid is. ‘n Sodanige gevoel sal veral onder denkendes aanwesig wees. Ander kan dit adhok aanvoel. Inteendeel dit is moontlik ‘n algemeen menslike gevoel. Hierdie latente gevoel word ge-aktiveer deur terminale siektes, ingrypende kultuur en politieke veranderinge, ouderdom, werkloosheid, aftrede, verwerping, liggaamlike degenerasie, verganklikheid, dood en ander redes. Daar is geen rasionele antwoord hiervoor nie. Daar is geen medikasie hiervoor nie. Geen fanatieke antwoord is ‘n permanente oplossing nie. Sinloosheid sal bly knaag en herhaaldelik terugkom as die euforie van fundamentalisme verdwyn.

Wat bly: “Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.” Psalm 73 vers 26.

 

Friday 12 October 2018

PIK BOTHA


Ons het ‘n Formidabele persoon in oud-min Pik Botha verloor. Hy was ‘n persoon wat uiters begaafd was. Ek het hom in die 80jare van die vorige eeu gevra om ‘n inset in my doktorale Proefskrif te lewer oor VERSOENING IN DIE POLITIEK. Dit was ‘n faset van die Doktorale tema wat oor die Bybelse Versoening gehandel het. Hy het dit met oorgawe gedoen.  Sy uitgangspunt was sekuur vanuit die Bybel geformuleer.  Hy het soos volg geskryf: “ Dit is ‘n Bybelse opdrag om versoening na te streef en te doen volgens die Wil van God. Ons word opgeroep om dit in ons persoonlike en in landsake toe te pas. Vir die Christen politikus is dit nie slegs ‘n keuse nie. Ons Christelike verantwoordelikheid  dwing morele aanspreeklikheid aan ons op. Belangrik is dat die kriterium nie selfbelang mag wees nie…..dat die versoeningsdaad sy gevoel van verontregting verwyder het.” Hierdie is maar ‘n klein gedeelte daarvan.

Hy moes in sy openbare lewe vele uitdagings hanteer. Eers as Advokaat in die Wêrelhof om SA se mandaatskap wat SWA, Namibië, betref en nie net verdedig nie maar ook ‘n hangende HF Odendaalplan vir die gebied wat op SA se diveristeit gegrond, Batoetuislande,  is hanteer in die aangesig van die Buiteland wat dit nie aanvaar het. So ook moes hy as Minister teen sy eie oortuigings in ‘n beleid wat later as ‘n misdaad teen die mensdom getipeer is, verdedig. Hy het dit met onderskeiding gedoen. Welgedaan ons huldig u.