Monday 16 November 2015

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Mar 5:34  En Hy sê vir haar: Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees.

Jesus praat met diegene wat met hom in aanraking kom. Hy praat met die onbekende vrou. ‘n Vrou wat siek was. ‘n Vrou wat radeloos was. Geen mediese dokter kon haar van ‘n siekte genees nie. Maar sy het van Jesus gehoor. En sy het besluit dat sy met hom in aanraking moes kom. Sy het dit gewaag om net aan sy klere te raak. Toe sy dit doen, praat Jesus met haar. Sy is onmiddellik genees.

Jy het van Jesus gehoor. Waarom wag, praat met hom. Raak aan hom. En hy sal antwoord: jou aanraking is tot salwing vir jou siel.

1 comment:

  1. more pastoor kan pastoor vir my die een minuut vir JESUS stuur so ook die sondag preeke my no is 0626327015 seen groete Lucas

    ReplyDelete