Saturday 14 November 2015

AFRIKAANSE GEMEENSKAP


DIE AFRIKAANSE GEMEENSKAP.

Jare gelede het ons geglo dat ons ‘n soliede eenheid is. Ons het net aan een Politieke Party behoort. Ons het net een Kerk gehad, en het net by een Bank gebank. Ons het net een land gehad. Ons het net een vlag en net een volkslied gehad.

Met 1994 verloor ons al ons aardse sekerhede. Ons verloor nie net nie, maar voel en is skuldig, omdat ons in ‘n tyd van hoë emosie ander mense verontreg en verniel het. Die oomblik van oorwinning was te groot. Die euforie het ons blind gemaak vir ander mense se smart. Ons bloedfamilie is vervreem en is nou met reg agterdogtig.

Buiten dit alles is ons nou verdeel, verpletter en versplinter. Ons is ontnugter en ontgogel. Ons voel ons is om die bos gelei. Ons het toegelaat dat dit gebeur, want die gevoel van oorwinning was oorweldigend en ons kon dit nie reg hanteer nie. So daar is geen verskoning vir wat ons verkeerd gedoen het nie. Daar is tog ook dinge wat reg gedoen is.

Nou is die Afrikaanse gemeenskap die hele wêreld vol. Waar daar een land was, is daar niks.

Wat nou? Ja, daar is die samebindende faktore wat oor landsgrense en ander grense heen strek. Ons is nou een in geloof, taal en konstruktiewe optrede. Ons is dié een Afrikaanse gemeenskap wat uit die Phoenix sal opstaan.

 

No comments:

Post a Comment