Friday 13 November 2015

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Joh 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Jesus sê dat ons vrede in Hom kan hê. Ja, vrede. Waarom is dit nodig? Jesus gee die antwoord. In hierdie wêreld sal dit baie moeilik wees. Trouens ons ervaar dit dag na dag. Trouens jy kan dit nie eens voorspel nie. Trouens jou gut-feeling faal hierin. Moeilikheid gebeur, jy soek nie eens daarvoor nie. En jy sal dit vind. Ons raak moedeloos oor die baie dinge wat op ons losbars. Moeilikheid soos watertekort, geldtekort, en voedseltekort. Moeilikheid is soos ‘n tsunami. Soms oorweldig dit ons. Maar hoor wat sê ons Redder. Hy gooi die lewensboei uit na ons. Gryp dit vas. As sy lewensboei om ons is, het ons vrede, want ons is veilig in sy hande.

 

No comments:

Post a Comment