Wednesday 11 November 2015

GOEIE ADVIES: HUISGENOOT: GROENTETUIN IN JOU HUIS.


 GOEIE ADVIES: HUISGENOOT: GROENTETUIN IN JOU HUIS.

http://huisgenoot.com/leefstyl/is-dit-die-toekoms-n-groentetuin-in-jou-huis/

Massachusetts. Hul liefde vir die natuur en gesonde, volhoubare voedsel het twee studente ’n binnenshuise groentetuin laat ontwikkel.

Gabe Blanchet en Jamie Byron het ’n slim plan beraam wat mense nou in staat stel om heeljaar lank in hul eie huis hul eie vars, voedingsryke groente, kruie en selfs klein vrugte te kweek.

Die twee het ’n kabinet met drie lae ontwerp wat naastenby dieselfde grootte as ’n standaardboekrak is. Die boonste laag is toegerus met groeiligte (ook in Suid-Afrika beskikbaar), die middelste laag is die groentebedding en die onderste laag het ’n vistenk in.

Gabe en Jamie se stelsel sluit ook sensors vir lug- en watertemperatuur, humiditeit en watervlakke in. Al die inligting word gekoppel aan ’n slimfoon-app.

Tamaties, basiliekruid, krulkool (“kale”), jalapenos, blaarslaai en groenboontjies is reeds suksesvol so gekweek. Grove, hul maatskappy wat amptelik van Augustus 2013 af bestaan, het deesdae met 20 werknemers. Die maatskappy het ook meer as R56 miljoen in saadbefondsing bekom.

“Hoe meer mense beheer van hul voedselbronne neem deur hul eie te groei, hoe meer kan bewerkte land tot ’n natuurlike ekostelsel terugkeer,” sê Gabe.

No comments:

Post a Comment