Friday 6 November 2015

WIT: ‘n PIGMENTASIE DEBAKEL.


WIT: ‘n PIGMENTASIE DEBAKEL.

Onlangs is daar ‘n Mistra-konferensie oor 'Witheid, Afrikaans en Afrikanerskap' gehou. Waarom? Blykbaar oor die Wit Afrikaner se identiteitskrisis in die Nuwe SA. In ou SA was so ‘n konferensie onvanpas, omdat die Afrikaner die politieke mag gehad het. Maar tans is die Politieke mag in die meerderheid Suid-Afrikaners se hande. Die Machiavelliaanse septer is oorhandig na 1994.

Dit was vir die ou elite en die onderdane vreedsaam, maar  traumaties. Dit is verstane as jy aan die witkant van die situasie is. Aan die Swartkant was die oomblik van bevryding eufories. Dit is ook te verstaan gegewe hulle smagting na Vryheid. Hulle oomblik in die geskiedenis het aangebreek. Die ou Orde het die agtersitplek ingeneem. Die nuwe orde bepaal nou die gang van ons geboorteland.

Na die Anglo-Boereoorlog het sommige Afrikaners  SA verlaat en het in Argentinië gaan woon. Na 1994 het Afrikaners die hele wêreld gaan bewoon. Die diaspora is oral op ons planeet.

Almal pobeer angstig om ons te definieër om net ons gerus te stel. Oud-Pres. FW de Klerk se onlangse poging om die wittes iewers te plaas, is foutief. Hy het 10 tal identiteite genoem on ons gerus te stel of egalitaries te definieër.

Die Mistra-konferensie was onnodig en ‘n misstap. Dit het meer onduidelikheid as duidelikheid gebring. Daar was oor en weer net blamering en beskuldigings.Dit was ‘n Pigementasie-debakel.

Ons is Afrikaners. Dit is my identiteit. Ek is hier gebore, ek praat Afrikaans en het moontlik Koi-bloed, die oudste inwoners van Afrika. Afrikaner en Afrikaans sê duidelik ek is van Afrika. Ek laat nie die President of wie ookal my definieër.

Ek is nie ‘n Boer nie, want ek plant nie mielies nie en boer nie. Ek is ‘n Afrikaner en ek bly net hier. ‘n Boer definiesie  het geen identiteit nie, is kleurloos en oudmodies.

No comments:

Post a Comment