Monday 23 November 2015

OORDENKING: MATTEUS 11:28 UITGEPUT EN OORLAAI.


OORDENKING: MATTEUS 11:28 UITGEPUT EN OORLAAI.

Mat 11:28  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Die lewe maak ons moeg. Die oorsaak is probleme. Ons word moeg van probleme met ons geldsake, met ons tegniese probleme wat die rekenaar gee, met ons huwelik, met ons kinders, met ons kleinkinders, met die wêreld wat onveilig geword het, ons kan nie meer toer nie, ons sport stort in duie, springbokke verloor, ons kerk is in onrus oor die gaystorie, dit is nie meer duidelik wat die Bybel sê nie, dit is nie meer lekker om te lewe nie. Die droogte is soos ‘n luislang wat ons wil doodwurg.

Verleë en alleen is ons op ons planeet in die groot heelal. Ons is sonder raad en hulp. Geen niemand gee om nie.

In hierdie donker oomblik is daar ‘n fluistering. Kom ons spits ons ore.

Die Gees van God praat met jou en my. Die Gees van God praat met jou en my op moedverloor se vlakte. Hy sê wat Jesus Chritus sê: Kom na hom. Gaan na Hom. Praat met hom. Skree selfs jou nood uit voor hom. Huil snikkend onophoudelik. Hy luister. Vlug weg van jou probleme in sy troosvolle arms. Die arms word nooit moeg om jou te ontvang nie. Sy omhelsing is salwend. Dan word die rou wond sag en jy vind dan rus vir jou onrustige siel.

No comments:

Post a Comment