Tuesday 17 November 2015

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus sê:

Joh 6:35  En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

Brood is ons daaglikse voedsel. Ons kan nie daar sonder nie. Ons geniet die heerlike smaak op die tong. As die snye gebotter, gekaas, gemarmite en ‘n stukkie tamatie op het, proe dit soos hemelse kos. Hierdie koolhidrate is so deel van ons dieet dit is ondenkbaar daarsonder.

Maar Jesus praat van hom as die Brood van die lewe. Bedoelende dat hy ons gelowiges se daaglikse geestelike voedsel behoort te wees. Hy is glad nie werklike brood nie. As ons brood eet verander dit nie in Jesus nie. Nee ons daaglikse brood behoort ons aan Jesus Christus te herinner.

Hierdie herinnering herlei ons gedagtes, woorde en dade na ons Verlosser, Jesus Christus. Die impak van die herinnering aan Jesus is ingrypend. Ons kan dit nie ontsnap nie, maar maak ons obsessief gebonde aan Hom.

No comments:

Post a Comment