Wednesday 30 November 2016

PSALM I33: FROM A NEW TESTAMENT’S PERSPECTIVE.


 
GOOD NEWS BIBLE.                     NEW TESTAMENT’S INTERPRETATION.                        

© E SWORD.  

Psa 133:1  How wonderful it is, how pleasant,        Lord Jesus Christ you

 for God's people to live together in harmony!     have said: blessed are those who

Psa 133:2  It is like the precious anointing oil       work for peace, because they will

running down from Aaron's head and beard,           be called children of God.

down to the collar of his robes.                                    Every child of yours with harmony at        

Psa 133:3  It is like the dew on Mount Hermon,       heart will be very happy.

 falling on the hills of Zion.                                           We as believers in union with Christ

That is where the LORD has promised his blessing   will experience the belief

--- life that never ends.                                                      of abundant happiness.  

 

PSALM I34: FROM A NEW TESTAMENT’S PERSPECTIVE.


GOOD NEWS BIBLE.                     NEW TESTAMENT’S INTERPRETATION.                        

© E SWORD.  

Psa 134:1  Come, praise the LORD,                                 Our Lord Jesus Christ,

 all his servants, all who serve in his Temple at night.    You made us friends of God,

Psa 134:2  Raise your hands in prayer in the Temple,    through faith alone.

and praise the LORD!                                                    We praise your wonderful name.

Psa 134:3  May the LORD, who made heaven and earth,      God is with us,

bless you from Zion!                                          because he is omnipotent through his Spirit.  

 

PSALM 134 NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.


‘n Nagtelike begroeting.                                          Jesus Christus is by ons.

Psa 134:1  ‘n Bedevaartslied.

Kom, loof die HERE, o alle knegte van die HERE   Here Jesus u het ons status

wat snags in die huis van die HERE staan!                voor God kom verander.

Psa 134:2  Hef julle hande op na die heiligdom,    Ons is nou nie meer knegte nie,

en loof die HERE!                           maar vriende van God, omdat ons in U glo.

Psa 134:3  Mag die HERE jou seën uit Sion, Die Here God, seen ons met sy

Hy wat hemel en aarde gemaak het!  alomteenwoordigheid deur sy Gees.

WISKUNDE.


 Volgens ‘n nuusberig vanoggend, die 30/11/2016, op RSG, is die 5 top leerder- presteerders afkomstig uit die Asiatiëse wêreld. Die 5 laagste leerder presteerders is afkomstig uit Suid-Afrika en die Arabiese wêreld.

Die waarde van Wiskunde is vanselsprekend. Ons gebruik syfers bykans daagliks. Selfs Napoleon het gesê: “Napoleon used to say that there cannot be a great nation without great mathematics. He was right. Following this idea, he brought prosperity and glory to France by founding the famous Ecole Normale Supérieure and other Universities of great renown in which teaching mathematics was held at unmatched levels for that age. Thanks to this culture of mathematics, France since then until now has always been a great power in the world. For it has the capability of building spaceships to explore the cosmos. Nuclear industry is fairly developed there, much as everything which requires both advanced mathematics and technologies based on it.”

Bron: https://sites.google.com/site/levicivitainstitute//reasons/the-value-of-mathematics

As ons instemmend op bogenoemde antwoord, behoort ons opnuut na die onderrig van Wiskunde te kyk.

Top 10 Strategies to Improve Your Math Grades


by Jason Gibson

 

Many students and parents ask for pointers and techniques to best learn Math. Here is my top-10 list which applies to any level of Math.

1) If you don't understand something, focus on mastering that topic before moving on to the next topic.

2) Work example problems and check your answers to gain practice with every lesson.

3) When beginning to work a Math problem, do not "map out a path from problem-to-answer" in your head before writing anything down.

4) When you study and do homework, try to find a quiet place to do it.

5) If someone asks you for help, try to explain the topic to them as best you can.

6) Never, ever work math problems in pen.

7) Try to use a mechanical pencil with separate eraser, if you can.

8) Keep your solutions neat and line-by-line.

9) Don't work problems very late at night.

10) If the problem lends itself to it, draw a picture of the problem.

Remember, there is no silver bullet in learning Math. It comes with taking things one step at a time and with practice. The tips above will help you along in your math studies, and give you confidence. And confidence is 100% the name of the game in learning any level of Math.

Bron:  http://www.mathgoodies.com/articles/improve_your_grades.html

Friday 25 November 2016

KLUB 6:13


 

Toe ek vanoggend my twee oer-vriende, Kobus Kruger en Jacob Schoeman, se name op Facebook sien, dink ek aan die dae saam met Klub 6:13. Dit was in 1970 dat Pietie Victor, die guru van Straatwerk in SA, in die Odeion, Bloemfontein met sy span optree en ons inlig oor die nood van die haweloses destyds. Ons is aangegryp en ons begin Klub 6:13. Gelukkig was dr. Frans Burger, predikant van die Klipkerk, bereid om ons Peetdominee te wees. Hy het met Bybelstudie ons begelei. Een van die Bybelstudies was dat hy 1 Petrus met ons behandel het. Hy het klem gelê oor die christene wat vreemdelinge in die wêreld is en as’t ware in die diaspora, of in die verstrooïng, verkeer. Ons status as gelowiges noop ons om o.a na die haweloses om te sien. Die empatie met hulle nood, vereis van ons as gelowiges dat ons hulle Bybels moet begelei. Die naam van die Klun 6:13 is afgelei van Romeine 6 vers 13 wat lui: En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.”

Ons het ‘n Koffiekroeg in ‘n ou Sinodale gebou in Maitlandstraat betrek en alles ingesit. Die Saakgelastigde van destyds was ons goedgesind en ons het die gebou gratis Vrydae en Saterdae-aande gebruik om Straatwerk te doen. So het ons mense op straat na die Koffiekroeg gebring en hulle in hulle nood met Koffie, voedsel en die Bybel bygestaan. Sommige suksesvol ander weer nie. Sidney Wilkens was ‘n positiewe geval. Daar was heelwat mense wat deur die plek gegaan het. Vir ons klomp, ook heelwat mede-gelowiges, wat saam in die klub was, was dit ‘n reuse ervaring. Daar is van vroegaand tot dou voordag gewerk. Almal van die klublede het dit vir die liefde van die saak gedoen. ‘n Ervaring onvergeetlik.  

OOGAPPEL deur Maretha Maartens


 
 

‘n Gesprek tussen ‘n gelowige wat die lewe nie meer verstaan nie en sy God

 Izak de Villiers het ‘n interessante titel aan een van sy digbundels gegee:  VERVREEMDELING.  In dié titel hoor ‘n mens iets van uit-wees, disoriëntasie, die gevoel van uitsluiting, alleenheid, onbegrip, groeiende ontnugtering, verwese voel.  Die digter voel soos ‘n vreemdeling in die gemeenskap, kerk, die wêreld van besige, gewone, jonger, selfversekerde mense.  Hy voel vervreemd, onbegrypend, soos iemand wat nie inpas nie. Hy, ‘n baie slim teoloog, skrywer, eks-tydskrif- en koerantredakteur, voel asof hy minder en minder van die lewe verstaan.

Was jy al op ‘n plek in jou lewe waar jy eintlik niks meer verstaan nie?

Verder: was jy al op die plek van noodkrete?


Dawid was daar gewees, toe skryf hy Psalm 17. Psalm 17 sou perfek in Izak de Villiers se digbundel, VERVREEMDELING, ingepas het.

 

Kom ons lees dit, met so hier en daar ‘n stukkie toeligting tussen hakies.  Kyk en luister spesifiek vir een woord in die psalm: die woord “oogappel.” Merk dit, hou dit in gedagte, want ná die lees van Dawid se beskrywing van ‘n vervreemdeling (‘n onbegrypende gelowige), gaan ons weer by die woord ”oogappel” uitkom.

 

Psalm 17

'n Gebed van Dawid. Luister tog, Here (Jahwe, EK IS, die Ewige, God van Israel en die verbond), na my regverdige saak, let op my hulpgeroep.

Hoor tog die gebed wat ek in alle opregtheid bid.   U sal  (as Regter) uitspraak lewer in my guns: u oë sien immers self wat reg is.

As U my sou toets, my selfs in my slaap sou ondersoek, my deeglik sou keur, sou U (as Regter) niks verkeerds (geen waarheid in my teëstanders se aantygings) vind nie. Oor die doen en late van mense het ek niks verkeerds gesê nie (het ek my van kwaadpraat weerhou): ek het my aan u bevel gehou. Elke stap van my was vas op die koers wat U aangewys het. My voete het nie daarvan afgewyk nie. (Ek het nie die praktyke beoefen, voorbeeld gevolg van mense wat verwoes en vernietig nie.)

Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God! Luister tog (Buig af)  na my en hoor wat ek sê.  Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil.

 

Ps 17:8-9, ANV.  Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die doodsvyande wat my omsingel.

 

Ps 17:8-9, NLV (CUM),

Beskerm my soos die appel van u oog (u kosbaarste besitting). [Deut 32:10; Sag 2:8] Bedek my (beskermend, koesterend) in die skadu van u vlerke, [Ps 91:4; Matt 23:37] van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring.

 

 

Ps 17:10-15

 Sonder enige meegevoel, met monde wat aanmatigende dinge sê, omsingel hulle my  waar ek ook gaan. Hulle soek my ondergang. Hulle is soos leeus, oorgehaal om te verskeur, soos jong leeus wat iets voorlê.

 

(OPMERKING: Nou vra die Psalmskrywer die Here om reg en geregtigheid te laat geskied:  op Ou-Testamentiese, voor-Christelike wyse, want vir Jesus Christus het hy nog nie geken nie.  Hier volg dus nou ‘n Ou-Testamentiese vergeldingsbede. Die wet of beginsel van regverdige, verdiende vergelding (Lex talionis), waarvolgens die  dader— die skuldige en ook die regverdige —straf of beloning in direkte verhouding tot sy dade ontvang, [Eks 21:24-25; Deut 19:21; Spr 12:13-14] word herhaaldelik in die Psalms gevind,  o.a. in  Ps 7:4-6, 16-17; 9:16; 35:8; 37:14-15; 57:7; 59:13; 69:23; 141:10)

 

 

Kom tog, Here, staan hulle voor, dwing hulle op die knieë. Red my met u swaard uit die mag van die goddeloses,  met u eie hand, Here, van hierdie mense. Laat hulle ontydig omkom, sny hulle lewens af; laat hulle hulle vol eet aan die onheil wat U vir hulle gereed hou; laat daar oorgenoeg wees vir hulle kinders en laat daar nog oorbly vir die kindskinders.

 

(OPMERKING: In Matt 5:38-42 verklaar Jesus Christus Lex talionis as uitgedien en gee Hy ‘n nuwe beginsel, gedragskode en opdrag aan sy volgelinge. Ons ou-Testamenentiese  psalmskrywer beroep hom egter in die lig wat hy gehad het, op die regverdigheid van die Here.  Hy glo dat die Here hom, die Psalmskrywer, gunstig gesind sal wees, want as wetsgehoorsame Israeliet het hy God in opregtheid en gehoorsaamheid gedien.)

 

 Maar wat my betref, omdat die reg aan my kant is, sal ek weer voor U staan. As ek wakker word (uit die dood), sal ek my verbly in u teenwoordigheid. 

 

(OPMERKING: Die feit dat sommige Ou-Testamentiese gelowiges op lewe ná die dood gehoop het, blyk uit o.a. Ps 16:9-11; 17:15; 49:15-16; 73:23-24  en Dan 12:2. In Hand 2:25-28 pas Petrus die woorde van Ps 16:9-11 toe op die opstanding van Jesus Christus.  Petrus grond sy Skrifuitleg op Jesus Christus se woorde dat alles wat in die wet van Moses, die profesieë en die psalms oor Hom geskryf is, vervul moes word.) [Luk 24:44]

 

 

HOE LYK ‘N  OOGAPPEL?

 

In Ps 17:8-9 bid Dawid dat die Here iets baie spesifieks vir hom moet doen:

Ps 17:8-9, ANV.  Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die doodsvyande wat my omsingel.

 

Ps 17:8-9, NLV (CUM),

Beskerm my soos die appel van u oog (u kosbaarste besitting). [Deut 32:10; Sag 2:8] Bedek my (beskermend, koesterend) in die skadu van u vlerke, [Ps 91:4; Matt 23:37] van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring.

 

Wat sou jy doen as ek jou so vra om jou oogappel te beskerm?

Jy sou ‘n oogskut opsit, ‘n beskermende bril dra, soos iemand wat bosse met ‘n meganiese bossiesnywer snoei of uitsny.  Soos iemand wat sweis of ‘n brand gaan help blus.

 

 

In Hebreeus verwys die term “oogappel” nie hierna nie.

 

In Hebreeus word “oogappel” vertaal met: “Die figuurtjie, klein mannetjie van die oog.” Dit verwys na ‘n weerkaatsing in die oë van die een met wie jy in gesprek is.

 

Die mens sien sy eie beeld in die oë van iemand wat net op hom fokus.  

Dawid vra:  Here, maak my, die een wat nou glad niks verstaan nie, die klein figuurtjie in u oë.

Kyk vir my,  maak mý, die klein figuurtjie (mannetjie) in die gevoeligste deel van u oë, nou die middelpunt van u aandag en u sorg.  Sien my volledig raak, en help/beskerm/sorg vir my.

 

Wanneer laas het jy iets so moois, iets van soveel belang gehoor?

 

Oogappel-wees gaan oor ware, egte, intens betrokke verhoudings.  Dit gaan oor interaksie, vertroue, jou plek in iemand anders se lewe, werklikheid en hart.

 

Jy weet mos dat ouers van outistiese kinders iewers agterkom dat hulle kindjie nie oogkontak maak nie.  Hulle is nie die klein figuurtjies in hulle kind se pupille nie.  Hulle weet iets is verkeerd:  mense moet klein figuurtjies in ander mense se pupille wees.

 

Jy weet mos dat een van die duidelikste  tekens van versteurde verhoudings in die huwelik, werksplek, tussen ouer en kind, in die gemeente, in die kerkraad, in onderhoude of waar ook al, die afwesigheid of progressief tanende oogkontak is.  As jy en jou huweliksmaat mekaar met die vermyding van oogkontak straf en mishandel,  as jy en ‘n kollega oogkontak vermy en wedersyds nie die klein figuurtjie in mekaar se oë wil wees nie, is daar iets groots verkeerds.  Daar is nie meer ‘n opregte vertrouensverhouding nie.

 

Wat ‘n eenvoudige waarheid:

Wanneer jou huweliksmaat iets met jou wil deel, wil hy/sy die klein figuurtjie in jou oë wees, jou oogappel. Hy/sy wil kosbaar, waardevol voel.  Jy gee waarde aan iemand anders deur van hom/haar jou oogappel, die klein figuurtjie in jou oë, te maak.

 

Wanneer jou kind by jou kom sit en met jou begin gesels, wil hy/sy die klein figuurtjie in jou oë wees, jou oogappel. Jy onderskryf jou toewyding as ouer aan hom, jou omgee en respek vir jou kind, deur hom jou oogappel, die klein figuurtjie in jou pupille, te maak.

Nou vra Dawid: Here, ek is die klein figuurtjie in u oë.  U is so groot, so geweldig, so magtig en sterk en genadig.  Ek weet ek pas in u goedheid, teerheid, liefde, diepste erbarming, ontferming in.  Daarvan verseker U my oor en oor in u Woord.    

 

Beskerm my soos die appel van u oog (u kosbaarste besitting). [Deut 32:10; Sag 2:8]

 

 

Bedoelende:

·       Fokus in hierdie noodsituasie direk op my, Here.  

·       Moet u oë nooit van my af wegdraai nie.

·       Sorg vir my, help my.

·       Vou my toe in u liefde, soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke.

 

Sal God dit vir jou en my doen as jy en ek dit so vir Hom vra?

Ongetwyfeld.  Hy sê dit in sy Woord vir elkeen wat tot Hom roep.

 

 

Mat 7:7-11

  Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word,

want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra?

As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?

 

Vra, klein figuurtjie in God se oë.

Hy kyk vir jou, Hy sien jou raak asof jy die enigste mens op aarde is vir wie Hy kyk.

Hy sal jou help.

 

 

 

 

Wednesday 23 November 2016

Kritiek teen die heilsorde.


 

Kritiek teen die heilsorde, naamlik: Roeping, Wedergeboorte, Geloof, Regverdiging, Bekering, Heiliging en Volharding, kom van twee kante. K. Barth beweer dat daar net een heilsgawe van God is en dat die heilsgawe nie verskillend in ‘n heilsorde verstaan kan word nie, maar as ‘n eenheid van ‘n matematiese punt. WD Jonker, DIE GEES VAN CHRISTUS, p.179. Terwyl die Charismate weer hierop klem lê as gevolg van ‘n verwaarlosing van die Kerk hiervan. J Heyns, DOGMATIEK, p. 303 Maw die heilsorde moet metodisties vestaan word. Die probleem is: hoe en watter rol speel die mens in sy heil? Is heil ‘n self verwerwing of is dit ‘n heilsgawe? Getrou aan die uitgangspunt dat God die subjek van en vir verlossing is, kies ek K. Barth se standpunt, met die voorbehoud dat die via salutis deur die Woord kom. Die heil is loodreg van Bo, deur die Woord, wat ons net in blydskap kan aanvaar. Graag wil ek ook wegstuur van ‘n skerp onderskeding tussen objektief en subjektief, want dit stuur af op ‘n “doolhof” om dit reëlmatig te formuleer, aldus H Stoker in een van sy wysgerige artikels.   

PSALM 140: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


PSALM 140:  NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

 

© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

 

Gebed vir beskerming teen                       Gebed vir my vyande.

Goddelose mense.

 

Psa 140:1  Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid.

Psa 140:2 Red my, HERE, van die kwaaddoeners, Here Jesus ek vrees

bewaar my vir die manne van geweld;                       vir my vyande.

Psa 140:3 wat slegte dinge in die hart bedink,         Ek weet nie van

 wat elke dag stryd verwek.                                    al die kwaad wat hulle teen

Psa 140:4 Hulle maak hul tong skerp soos ‘n slang;   my kan aandoen nie.

gif van ‘n adder is onder hulle lippe. Sela.  Ek is magteloos teen hulle aanslag.

Psa 140:5 Bewaar my, HERE,   Ek bid, Here Jesus, dat u my sal bekerm.

vir die hande van die goddelose;    Moontlik is ek die oorsaak van my

 behoed my vir die manne van geweld   vyande se opptrede.

 wat planne beraam om my voete weg te stoot.  En hulle wil moontlik

Psa 140:6 Trotsaards het vir my ‘n vangnet       wraak neem teen my,

 gespan en toue; hulle het ‘n net uitgespan      omdat ek teen hulle

 aan die kant van die pad;                       verkeerd gedoen en hulle te na gekom het.

 strikke het hulle vir my gestel. Sela.    En nou wil hulle met alle mag en wraak

Psa 140:7  Ek het tot die HERE gesê:    toeslaan, Here Jesus.

 U is my God; luister tog,                        Maar ek vind vertroosting in wat u

 HERE, na die stem van my smekinge!   gesê het: as jy gesondig het teen jou

Psa 140:8  HERE Here, Sterkte van my heil,      vyande gaan bely jou skuld.

 U beskut my hoof in die dag van stryd!    As hulle nie wil luister nie,

Psa 140:9  HERE, gee tog nie die begeertes  neem ‘n ouderling saam

 van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk,  om die saak te besleg.

 sodat hulle hul verhef nie. Sela.   Ek wil u weg van skuld belydenis volg,

Psa 140:10  Wat betref die hoof van die wat my omring   Here Jesus.

—laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.      Ek bid dat u my sal sterk om wel belydenis


 Psa 140:11  Laat vurige kole op hulle afgegooi word;      van skuld te doen, want dit is so


mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile,      problematies om dit wel te doen.

 sodat hulle nie weer opstaan nie!       Maar ek bid vir my vyande,

Psa 140:12  Laat die kwaadspreker nie op aarde  ek bid vir hulle voorspoed,

bevestig word nie; die man van geweld          ek bid dat hulle my skuld

—laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.   belydenis sal aanvaar.

Psa 140:13 Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, Ek bid

 die reg van die behoeftiges sal behartig.      dat ek my vyande sal

Psa 140:14 Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, liefhê soos ek

die opregtes sal voor u aangesig woon.       myself lief het.

 

Monday 21 November 2016

PSALM 144: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

Gebed vir ‘n oorwinning

En ‘n beeld van toekomstige seen.                      Here Jesus u seen ons.

Psa 144:1  ‘n Psalm van Dawid.

 Geloofd sy die HERE, my rots,                           Here Jesus, u maak ons sterk

 wat my hande leer om te veg,                              nie om oorlog te maak nie,

 my vingers om oorlog te voer—                         maar om u te dank.

Psa 144:2  my goedertierenheid en my bergvesting, Ons loof en dank u vir u

 my skans en my redder,                                               liefde, u redding en volgehoue

my skild en die Een by wie ek skuil,                         betrokkenheid by ons.

 wat my volk aan my onderwerp.                              Ons prys u naam!

Psa 144:3  o HERE, wat is die mens dat U hom ken,  U het ons eerste liefgehad,

die mensekind dat U op hom ag gee?                           U het ons in Jesus uitverkies.

Psa 144:4  Die mens is soos die nietigheid;                   Ons is niks, maar u het ons

sy dae is soos ‘n vlugtige skaduwee.                             U verteenwoordigers gemaak.

Psa 144:5  Buig u hemele, HERE,                                 Die hele skepping getuig

en daal neer; raak die berge aan,                                    van u grootheid

dat hulle rook!                                                                 en u almag, Here Jesus.

Psa 144:6  Slinger bliksems en verstrooi hulle;             U is self God.

stuur u pyle uit en verwar hulle!                                    U het self gesê:”Ek en die Vader is een.”

Psa 144:7  Strek uit die hoogte u hande uit;                   Al gaan ek deur diep donkertes 

ruk my uit, en red my uit groot waters,                          sal ek nie bang wees nie,

 uit die hand van vreemdes,                                            want u is by my, Here Jesus.

Psa 144:8  wie se mond leuens spreek                            U teenwoordigheid skep die atmosfeer

en wie se regterhand ‘n regterhand van bedrog is.           van vrede en veiligheid.

Psa 144:9  o God, ek wil ‘n nuwe lied sing tot u eer,      Ons wil ‘n nuwe lied sing

 op die tiensnarige harp wil ek U psalmsing.                   wat gepas is om u al die eer te bring.

Psa 144:10  U wat aan konings die oorwinning gee,       Ons is geestelike oorwinnaars wat

wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard.      meer werd is as geweldenaars,

Psa 144:11  Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes,  want u wil die weg van

wie se mond leuens spreek                                                         heiligmaking vir u kinders

en wie se regterhand ‘n regterhand van bedrog is;              uitstippel, sodat hulle dit bewandel.

Psa 144:12  sodat ons seuns soos plante mag wees            U wil net die beste vir u kinders voorsien,

wat opgekweek is in hulle jeug,                                          daarom verg dit jeugdige heiligmaking

 ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel                       van jonk en oud,

 is na die boustyl van ‘n paleis;                                           afgesien van die adres waar ons woon.

Psa 144:13  dat ons skure vol mag wees,                             U wil ons geestelik voorpoedig maak,  

wat allerhande soorte voorraad oplewer;                              sodat ons sonder ophou en

ons kleinvee by duisende mag aanteel,                                voortdurend bid en getuig.

by tien duisende vermeerder word op ons velde;                 Ons kan net getuig van u Gees

Psa 144:14  ons beeste gelaai mag wees;                             se werk in ons,

geen bres in ons mure en geen uittog daaruit,                  daarom is daar geestelike groei

 en geen geskreeu op ons pleine nie.                                 in ons.

Psa 144:15  Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; Gelukkig is ons as ons die kosbare

 welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is!              Evangelie toe-ein.