Sunday 15 November 2015

AS JY PRES. VAN FRANKRYK WAS WAT SOU JY GEDOEN HET?


 

AS JY PRES. VAN FRANKRYK WAS WAT SOU JY GEDOEN HET?

Adriaan Basson skryf oa op NETWERK 24 vanoggend:

“Vrydag 13 November 2015 sal onthou word as 'n keerpunt in die geskiedenis van Europa se "oorlog teen terrorisme".

Toe 'n paar mans gewapen met bomme en gewere bykans 130 onskuldige mense in die strate, restaurante en klubs van Parys afgemaai het, het iets gebreek in Europa se relatief vriendelike houding jeens vreemdelinge. Die aanvallers was glo lede van die terroriste-organisasie Islamitiese Staat (IS), wat verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar het…”

Wat sou jy doen as Franse President?

My antwoord is: die eerste vraag is: wie se veiligheid is die belangrikste? Natuurlik die Franse inwoners. As Staatshoof is dit jou eerste taak.

Kondig krygswet af. Sluit die grense. Maak huis skoon. Doen besoek aan elke huis in Frankryk. Deporteer alle onwettiges. Sit hulle op ‘n oorlogskip en laai hulle by hulle plek van herkoms af. Alle risiko persone ongeag ras of geloof verwyder hulle uit samelewing. Verbied alle vlugtelinge, want hulle huisves moontlike terries. Ondersoek alle godsdienste en vind uit of hulle staatsvriendelik of vyandig is. Sluit kerke en moskees as dit ‘n risiko inhou. Voer Olie van die VSA in. Ondersteun Assad van Sirie en kry ‘n einde aan die oorlog daar.

Waarom die kragdadigheid? IS se denke en semantiek werk anders as die Weste sin. Hulle verstaan ongelukkig net een taal en dit is: hulle is liewer vir die dood as die lewe. Dit klink teenstrydig. Maar wat doen jy aan die hand?      

No comments:

Post a Comment