Sunday 1 November 2015

IS DAAR ‘N VERBAND TUSSEN DIE DA EN PRES. PUTIN?


IS DAAR ‘N VERBAND TUSSEN DIE DA EN PRES. PUTIN?

Om die vraag: is daar ‘n verband tussen die DA en Pres. Putin te beantwoord, is die reaksie gebaseer op die veronderstelling dat die Russiese Passasiersvliegtuig oor die Sinaï-Skiereiland deur IS afgeskiet is. Die DA is in die nuus oor die Kohler Barnard debakel. Al ontken hulle die dilemma, wil die PW Botha spook, nie wyk nie. Die ANC buit dit uit. 

Die vraag is: beskik leiers oor die wysheid om sekere probleme te vermy? As hulle in die openbaar optree en besluite neem, behoort hulle nie meervoudig te dink nie? Enkelvoudige denke, lei tot slaggate. Moes die DA koukus nie kopkundiges ingeroep het om sy verteenwoordigers in te lig  oor die voordele en nadele van die sosiale media nie? Die sou pro-aktief wees om jou verteenwoordigers te skool in die verband. Daar moet meer opleiding kom om lede se impulsiewe optredes met selfbeheersing te temper.  Dit geld blykbaar nie vir die EFF nie, want hulle speel ‘n ander politieke spel wat punte vir hulle beteken.

Moontlik behoort die definisie van Padsin te geld. Padsin beteken om pro-aktief op te tree, sodat motor-ongelukkige vermy kan word.

Pres. Putin wat om strategiese redes by en in Sirië betrokke geraak het, behoort vooraf aan die gevolge van sy optrede te gedink het: veral aan die gevolge daarvan vir die veiligheid van sy burgers. Het die ou KGB-lid nie die veiligheidsrisiko berekening nie? Hy behoort  raadgewend aan sy Kommersiële Vlugte ‘n waarskuwing uitgereik het, om IS gebiede te vermy.

Toegegee Pro-aktiewe optrede vra allemintige wysheid. Reaktiewe optrede vra ongemaklike antwoorde wat nie altyd bevredig nie.

PRO-AKTIEF EN NIE RE-AKTIEF NIE? Is dit die gemene deler tusen die DA en Pres. Putin?

No comments:

Post a Comment