Tuesday 3 November 2015

AFRIKAANS AS UNIVERSITEIT-TAAL?


AFRIKAANS AS UNIVERSITEIT-TAAL?

Wyle Fanus Rautenbach het gevra en gesê: wat is Boeresport? Dit is toutrek en dwarstrek. Om eensgesind oor Afrikaans as Universiteitstaal te debatteer, is onmoontlik. Soveel uiteenlopende gedagtes is daar tans soos die aantal Afrikaanse dosente op die verskillende Universiteite.

Die konteks waarin Afrikaans staatkundig tans geplaas is, is verskillend as onder die vorige bedeling. Nou: is Afrikaans deel van die ander inheemse tale. Engels is die Staatkundige taal. Die Grondwet is hermeuneties vertolkbaar. Maw Afrikaans se gebruik word binne die SA konteks as minderheidstaal geplaas.

Afrikaans het as Universiteitstaal onder ‘n gunstige politieke bedeling ontwikkel. Die bedeling bestaan nie meer nie.

Prof Herman Giliomee vergelyk Afrikaans se posisie met die van die aanverwante tale soos Nederlands en Vlaams. Maar dit is ‘n denkfout, omdat die 2 aanverwante tale onder ‘n eie Politieke bedeling opereer wat totaal anders is as die van Afrikaans. Vergelyk Afrikaans met Afrikaans in Namibië. Moontlik sal dit meer duidelikheid gee.

Afrikaans as Universitietstaal se opvangsgebied is beperk tot mense wat  Afrikaans verstaan soos dit tot nou ontwikkel het. Afrikaanses in Argentinië, die klein bietjie daar, sal dit nie eens begryp nie. Sal kinders van die Afrikaanse diaspora belangstel om Afrikaanse  wetenskaplike dissertasies te lees? Om nie eens van ons eie te praat nie. Sal die Nederlanders en die Belge?

‘n Nugtere ondersoek is nodig. Deur wie? Weet nie.

Een ding is seker: net  ‘n groepie Afrikaanssprekendes wat die Taal as Universiteitstaal wil behou, sal soos Solidariteit ‘n eie onafhanklike Universiteit moet stig en instandhou sonder enige Regeringhulp van SA.

Die moontlikheid van ‘n Elektroniese Universiteit sal oorweeg kan word.

No comments:

Post a Comment