Friday 13 November 2015

ONS HET DIE DOSENTE VIR DIE NUWE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT OP STELLENBOSCH(NAUS)!


 ONS HET DIE DOSENTE VIR DIE NUWE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT OP STELLENBOSCH(NAUS)!

Bykans all Afrikanerleiers beskuldiging en blameer die huidige Rektor van die US. Dit is vrugteloos. Hy kan nie die kultuurversnelling keer nie. Die getalle oorwig is oorweldigend. Moontlik kom die stortvloed negatiwiteit van ‘n klomp magteloses wat ‘n katarsis vind in hulle emosionele ontboeseming oor Engels wat die ghitaar op US gaan slaan.

Die vraag is nie: hoe gaan ons die status quo handhaaf nie, maar hoe gaan ons die nuwe situasie bestuur? En om iets te bestuur, verg aksie nie verbale diaree nie.

Gelukkig is daar tans Afrikanerkundiges op Universiteitsvlak wat die personeel van die NAUS kan beman. Ons beskik oor die volledige doseerpersoneel.

Moontlik is daar Trustfondse wat kan help.

Die vraag is: wie gaan beskikbaar wees? En wie gaan die loodskomitee vorm om NAUS te stig?

No comments:

Post a Comment