Wednesday 18 November 2015

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus het gesê:

Joh 6:37  Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.

Verwerping is sekerlik een van die mees pynlike ervaring wat daar is. As iemand jou verwerp dan worstel jy met baie vrae: wat het ek verkeerd gedoen, wat het ek moontlik verkeerd gesê, wat is daar in en aan my wat die ander persoon genoop het om my te verwerp. Ouerlike verwerping is ingrypend. Kinders is emosioneel nie daartoe opgewasse om verwerping te hanteer nie. Die gevolge daarvan is sigbaar in hulle tiener en volwasse gedrag.

Maar Jesus Christus sê in die teksvers: Almal, ja almal wat na hom kom sal Hy nie verwerp nie. Dit is duidelik; elkeen, afgesien van ras, geslagsoriëntasie, geleerd of ongeleerd, ryk of arm, sondaar, verworpeling deur mense, daar is geen kwalifikasie om na Jesus Christus te gaan nie. Hy is daar om jou met oop arms te ontvang. Maar moenie soos Lot se vrou omdraai om na ander mense, die kerk, geloofsorganisasies of wie ookal te kyk nie, want die moontlikheid bestaan dat jou emosies in ‘n sout pilaar gaan versteen weens hulle verwerping.

No comments:

Post a Comment