Sunday 16 July 2017

IS DAAR HOOP VIR SUID AFRIKA?


Is daar hoop vir Suid Afrika? Ja, beslis. Kyk na Kwêla en Bravo op KykNET, die Voortrekkerbeweging, en die Kerk se Pionierskool op Worcester dan sien jy oud en jonk is kreatief besig om sinvol in ons land te werk en te lewe. Mense hier te lande maak ons trots Suid Afrikaans. Die Politiek word op die oomblik relatief gesproke, negatief be-oefen, maar as dit rasioneel bedryf word, is dit tot voordeel van almal.