Sunday 25 February 2018

558 DAE


Die aangrypende ware verhaal van ontvoeringslagoffers Yolande en Pierre Korkie.

558 dae van hel. Twee siele verenig in liggaam en gees. Een almagtige God. Dit is die verhaal van Yolande en Pierre Korkie, wat deur Al Qaeda ontvoer is, soos vertel deur Yolande. Pierre het dit nie oorleef nie.

In hierdie roerende verhaal herleef Yolande die paartjie se ontvoering en gewelddadige skeiding van hulle kinders en die lewe soos hulle dit geken het. In 558 dae deel Yolande alles wat sy tydens hierdie afskuwelike tydperk ervaar het; van die oomblik wat hulle ontvoer is, haar vrylating en uiteindelik die mislukte reddingspoging om Pierre te bevry.

Dit is ’n ware verhaal van ’n tipe liefde wat min paartjies ooit sal ervaar, van geloof wat sterker word deur lyding en van vergifnis wat kragtiger is as menslike grense. Dit is die storie van 558 dae.

16 bladsye volkleur-foto’s uit Yolande se persoonlike album, inskrywings uit Pierre se joernaal terwyl hy in aanhouding was en ’n roerende laaste brief van Yolande aan Pierre is in die boek ingesluit.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel 558 Days

BESTEL BY http://www.cumuitgewers.co.za/558-dae-sagteband1-1

 

Monday 19 February 2018

GELOOF EN HOSPITAALSORG


GELOOF EN HOSPITAALSORG.

Sommige gelowiges beweer dat ‘n “sterk” geloof genesend is. Maw jy moet net reg glo dan sal jy gesond word. Dit beteken dat die sogenaamde regte geloof ‘n geneesmiddel is. Die vraag is: waarom is die mediese wetenskap nodig as geloof wel ‘n geneesmiddel is?  As die stelling waar is, waarom antibiotika neem, bestraling kry en ander middele en prosedures ondergaan om gesond te word?

Die negatiewe gevolg van die stelling dat geloof ‘n geneesmiddel is, is wanneeer die pasiënt nie gesond word nadat die stelling aan hom of haar bedien is nie. Die gelowige wie se geloof nie sy gesondmaking bewerkstellig het nie sit met skuldgevoelens. Hy of sy dink: ek is ‘n swak gelowige, want God beskou my geloof nie voldoende om te beantwoord nie. Hulle mag moontlik dink dat God hulle verwerp, omdat hulle geloof te kort skiet. Genoemde stelling, kan gelowiges in ‘n geloofkrisis plaas indien hulle nie gesond word nie. Maar ook op ‘n intra persoonlike vlak, afhangende van die luisteraar aan  wie die stelling dat geloof genesend is, gemaak is, bestaan die moontlikheid dat die betrokke persoon se neurotiese en dwang obsessies versterk kan word. Maw dit kan moontlik negatiewe sielkundige gevolge hê.

Sonder om verder hieroor te argumenteer, behoort ons te vra: wat sê die Bybel wat geloof is?

Voor ons die vraag kan beantwoord, behoort ons te vra: waar kom geloof vandaan? Wie is die oorsaak van geloof?

Die Bybel sê in Efes 2:8  “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God’ en Efes 2:9  “nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” Dit beteken dat God geloof skenk, want dit is ‘n gawe van Hom. Maw: God is die oorsaak dat ons glo. Dit bevestig Fritz Rienecker in sy kommentaar op die brief van Efesiërs naamlik “ Der Glaube ist die Hand des Bettlers… So ist es auch mit dem “Glauben”. Er ist eine Tat Gottes….”  Der Brief an die Epheser, p. 85 en 86.  Dit beteken dat geloof ‘n geskenk van God is. Maw as ons glo, is dit God wat dit in ons bewerkstellig. Simbolies gestel kom dit daarop neer dat geloof soos ‘n geut is wat die reenwater opvang en ontvang wat van Bo kom. Die geut herlei die water na ‘n tenk waarin dit gestoor word. So is dit met geloof; dit word binne in ons deur die Heilge Gees ingelei, sodat ons kan glo. Op die manier word ons bewus dat ons gered is. Ons moet die geloof wat ons van die Heilige Gees ontvang toe-ein en ons eie maak. Geloof wat God deur sy Heilige Gees in ons gewerk het, is bepalend vir ons verhouding met Hom. Dit besvestig Johannes 1 vers 12: “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;” Maw geloof is reseptief en nie kreatief nie. Geloof is die ontvangsmiddel waardeur ons van redding bewus word.

As geloof kreatief sou wees, sou die Ou Testamentiese gelowige nie die volgende gebid het in Psa 30:3  : HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak,” nie. Dit beteken dat geloof my in die regte verhouding met God stel, daarom kan ek bid om genesing. En ek bid tot God wat my kan genees as dit sy wil is, en nie my geloof wat my genees nie.

Maar waaruit bestaan geloof? Hoe moet ons geloof prakties verstaan?  Die Bybel sê, en die Heildelberg Kategismus beaam dit, naamlik 2 bestandele. Die twee bestandele is kennis en vertroue. Die Bybel sê in Rom 10:17  “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” Dit beteken dat geloof uit die kennis van die Bybel bestaan. In die Bybel openbaar God hom oa as die skenker van geloof. En die tweede bestandeel is vertroue. Die Bybel sê in Heb 11:1 “ Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” Maw ons vertrou die Woord as waar, en komende van God. Ons hoop is op die onsigbare gerig volgens die Bybel. Ons omhels die onsigbare wete dat God deur sy Gees die geloof in ons werk, en as dit sy wil is, sal Hy ons kan genees.

Ons glo aan Goddelike genesing en nie geloofgenesing nie. God genees en nie geloof nie. Maw geloof vestig ons aandag op die feit dat dit God is wat genees dmv sy woord en sy Gees.

By ENGO trag die Hospitaalspan om pasiënte in nood met liefde en sagtheid Bybels te begelei. Daar word gepoog om pasiënte gemaklik te laat voel met hulle geloofslewe, al nagelang van die behoeftes van pasiënt tot pasiënt.  Asook om pasiënte te verseker dat God ‘n liefdevolle vader is wat hulle nood raaksien, en dat Hy prakties daarop reageer. 

 

                   

Sunday 18 February 2018

BYKANS SESTIG JAAR GELEDE...


Bykans sestig jaar gelede was daar ‘n verskeidenheid van begaafde mede-skoliere te Petrusburg Hoërskool.  Ons het in die Skoolsaal asook in Petrusburg se Stadsaal diesulkes bewonder. Hulle het met hulle optredes ‘n onvergeetlike indruk op  ons gemaak. Natuurlik het ons dit op tipiese tiener manier beleef. Daar was die sang van die musikale begaafdes.  En dan  was daar die ballet. As ek reg onthou was een opvoering op die maat van Johann Strauss - Tritsch-Tratsch-Polka. Wat ‘n vrolike en optimistiese klank so tipies van die Romantiese tyd in Europa. Daarmee saam in daardie bepaalde historiese geleef van die Strausse in Oostenryk was die Metternich-stelsel wat ons in die Geskiedenis blouboek geleer het.
https://youtu.be/iuONBz7boBc

Tuesday 6 February 2018

GEBED EN HOSPITAALSORG


GEBED EN HOSPITAALSORG.

GEBED

Wanneer ons oor gebed praat, daaroor dink of Bybelstudie oor gebed, doen, vra ons gewoonlik: wat sal ons bid, of waarom en waarvoor moet ons bid? want die Bybel sê in Mat 7:7  “Bid, en vir julle sal gegee word;” Maar al bid ons aanhoudend, word ons gebede somtyds nie verhoor nie. Waar lê die probleem? Om die vraag te beantwoord behoort ons ‘n wedervraag  te vra: tot wie bid ons? Tot wie rig ons die gebed? In die Bybel gedeelte hierbo genoem, sê Jesus Christus dat ons behoort te bid. As Jesus Christus ons uitnooi om te bid, waarom word ons gebede nie altyd verhoor nie? Die antwoord op hierdie vraag na onverhoorde gebede is die Persoon tot wie ons bid. Ons bid tot God deur Jesus Christus. Wie is Jesus Christus? die Bybel sê in  Joh 10:30 “ Ek en die Vader is een.” Jesus Christus is God. Dus as ons bid rig ons alle versoek na God deur Christus Jesus.

God is ons vader, want die Bybel sê in Joh 6:46  “Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.” Om God die vader te noem, is ‘n antropomorfisme. Dit beteken dat die begrip Vader wat vir God gebruik word, is ‘n menslike uitspraak om oa God op menslike wyse te verstaan. Dus die Bybel gebruik die begrip, Vader, ook op die wyse. Dus kan ons na analogie van  ‘n aardse vader wat sy vaderskap gestand doen, weet hy luister as sy kind met hom praat: hoeveel te meer dan ons Hemelse Vader. Ons hoef nie te twyfel of God na ons luister nie, want die Bybel sê in 1Jn 4:8  “God is liefde.”  ‘n Liefdevolle vader luister inderdaad na sy kind as hy met hom praat.

Maar net soos ‘n aardse vader nie altyd vir sy kind gee wat hy vra nie, net so is God wat die reg het om sy kinders se versoeke volgens sy wil te hanteer. Dit beteken dat Hy gee volgens sy wil asook wat die beste vir sy kind is.  Dit kom daarop neer dat God nie altyd vir sy kind gee wat hy vra nie.

Op Teologiese Fakulteit het ons die Boek Job bespreek. En een van die eienskappe van God wat ons ontdek het, is dat Hy vrymagtig is. Maw Hy kan besluit soos Hy wil en sy besluit hoef nie noodwendig ons besluit te wees nie. Die Bybel sê in Job 2:10 “ Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie?” Ons kan bid soos ons wil, ons kan gebedskettings vorm soos ons wil, maar die uiteindelike atwoord lê by God. Dit is dus nie ons wense, begeertes of verlangens wat altyd beantwoord sal word soos ons dit verlang nie.

Die vraag is, is gebed wel relevant as God vrymagtig optree? Transendeer die objektiewe nie die subjektiewe in die geval mbt gebed nie? Mag ons steeds biddend vra? Ja, want die uitnodiging bly dat ons moet bid, want die Bybel vra dit van ons. Ons moet met God kommunikeer en nie in ‘n stilstuipe verval nie. Kinders praat met hulle Vader, want dit is vanpas en noodsaaklik. God het ons nie nodig nie, maar ons wel, daarom mag en behoort ons ons diepste gevoelens aan Hom bekend maak. Menslike gesproke is gesprek tussen ‘n Vader en sy kinders van uiterste belang vir ‘n gesonde verhouding. Net so is dit wanneer dit kom by die verhouding wat ons met God het. Ons kan nie aanspraak maak op ‘n verhouding met God as daar nie ‘n gebedsgesprek is nie. Die Bybel sê in 1Jn 5:20, volgens die Good News Bible:  “ We live in union with the true God---in union with his Son Jesus Christ.” Ons lewe in eenheid met Christus. Daarom is gebed ‘n leefwyse. 

HOSPITAALSORG

 By die siekbed mag die dinamiese omstandighede nie uit die oog verloor word nie. ‘n Besoek aan elke siekbed is anders, want die uniekheid van die pasiënt verskil van persoon tot persoon.  ‘n Empatiese benadering is nodig. Ons is bemagtig met die Bybelkennis ivm met gebed, maar is ‘n siekbed ‘n preekstoel, Bybelstudie en ‘n voorligtingsessie? Nee, in die Bed van ‘n Hospitaal lê ‘n persoon en worstel met sy persoonlike siekte. Om praktiese voorbeelde te noem: By een van die beddens  sê ‘n pasiënt wat uitgeteer is deur kanker dat die dokters vir hom net ‘n jaar kans gee om te lewe. Maar as gelowige glo hy aan die wil van God. Hy bly biddend afhanlik van God met die wete dat God se wil sal geskied. Ek be-aam die man se geloofs uitspraak en sê dat ek die hoogste waardering daarvoor het. Ek voel bewoë oor die persoon se  aanvaarding van sy situasie. Magteloos staan ‘n mens en kyk na die aftakeling van kanker, maar met die wete: God is al een wat almagtig is.  By ‘n ander Hospitaalbed vertel ‘n persoon dat hy in ‘n rooftog gewond is. Onder die operasie het die sjirurg sy dunderm raak gesny. Nou sit hy met 2 sakkies wat sy ingewande funksies moet hanteer. Hy is moedeloos, maar ‘n miljoen mense gaan vir hom bid vir genesing. My antwoord was: ek is bly dat jy versterking kry uit die wete dat soveel mense vir jou gaan bid. Die wete van gebedsondersteuning beteken dat jy nuwe krag kry as jy deur donker dieptes gaan. Voel jy dat al die gebede jou gaan genees?

Twee persone, twee gelowiges en twee sienswyses.

Hierdie is slegs twee voorbeelde van talle ander dinamiese omstandighede by Hospitaalbeddens. Wat ‘n voorreg om mense in nood by te staan as knegte van die Allerhoogste God deur Jesus Christus.

Die Hospitaalspan van ENGO is ‘n toegewyde groep gelowiges om ander persone in nood by te staan. ENGO bied so ‘n diens aan die Hospitale in Bloemfontein. AAN GOD AL DIE EER!

Saturday 3 February 2018

NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERK


Met ons besoek aan Nederland so ‘n paar jaar gelede was dit die oogmerk

om oa die eiland Texel te besoek. Ons belangstelling was om te gaan kyk waar die heer Jan van Riebeeck na die Kaap in 1651 vertrek het. Dit is ‘n Eiland langs Nederland waarop die inwoners ‘n heerlike rustige bestaan voer. In een van die winkels het ek ‘n fassinerende Boek GESCHIEDENIS VAN DE VOC deur Femme S. Gaastra ontdek. Amsterdam was die eerste stad in die wêreld wat ‘n aandelebeurs begin het. Die VOC was die eerste genoteerde maatskappy op die beurs. Die monopolisering van die Handel na die Ooste was toe al op die agenda van die handeldrywende lande na die perperyke Ooste. Vandag is praktyk nog steeds in die handel aanwesig, soms word dit Prysbinding, genoem. Wat die kerk betref,  is dit interressant dat die naam van die VOC kerk as Nederduits Gereformeerde Kerk beskryf word. Die spelling wat vandag nog in die NG Kerk se naam pruik. Op bladsy 108 van die genoemde Boek word die vereistes van lidmaatskap van die Kerk in Batavia  genoem.

Nouja ons kerk kom ‘n lang pad. Sommige Kerkhistorisie sou die naam as kanoniek beskryf en dat dit blywend behou moet word. Ander weer sou weer beweer dat dit ter wille van eenheid van die Kerk ondergeskik aan Versoening is.  Om die argument gewig te gee, sal beweer word dat die naam bagasie van die Koloniale verlede en apartheid dra.  Daar lê ‘n dinamiese proses van eenwording voor nadat Belhar aangeneem is.