Wednesday 8 August 2018

HOSPITAALSORG

BEDIENING: BARMHARTIGHEIDSDIENSTE (ENGO)
Die Sinodale Bestuursforum (SBF), het die afgelope week ‘n vrugbare vergadering met die span wat vir Hospitaalbediening verantwoordelik is, gehad. Uit dié gesprek het die volgende belangrike sake na vore gekom:
Die Hospitaalbedieningspan is daar om tot hulp te wees vir predikante en gemeentes wat van die platteland af kom en wie se lidmate in die onderskeie hospitale in Bloemfontein opgeneem is en waarvan die betrokke predikante vanweë afstand, hulle nie kan besoek nie. Die span is enige tyd beskikbaar om ‘n besoek by diegene wat in die hospitaal is, af te lê, of om families in ‘n krisis te ondersteun.
Die twee persone wat vir hierdie bediening verantwoordelik is, is dr Hennie Maartens en me Christel Trollip. Kontak gerus vir dr Maartens by 083 388 0047 en me Trollip by 082 524 8655, indien die behoefte sou bestaan dat hulle ‘n siekebesoek by ‘n lidmaat moet doen. Dit is belangrik dat die inligting van die betrokke lidmaat verskaf moet word, sowel as die hospitaal waarin die lidmaat opgeneem is. Daar is bepaalde hospitale wat nie meer opnamelyste aan predikante beskikbaar stel nie, maar hulle sal aan ‘n predikant wat besoek aflê, die nodige besonderhede van ‘n pasiënt gee indien die leraar oor die pasiënt se inligting beskik.
Vlnr: Mev Rika Wolmarans (ENGO Dir: Ouer Persone), dr Hennie Maartens (Hospitaalleraar), me Christel Trollip (Geestelike werker), ds Barnard Styn, dr Carin van Schalkwyk, mnre Adriaan de Ruiter en De Wet Claassens (almal van die SBF)
BRON: