non est
Bleek blink die blinkende son teen die
hele horison
maar die nanag vergaar die kommer
sonder om te kla
so breek die oorlog berekend dan aan
so sonder die denkende gevolge daarvan
o, eindelose nag, en o, eindelose dag,
wat wag
is daar dan geen einde aan hierdie
waansin wat wag?
swerm om swerm kom die kakies
in volle gang en met magtige swang
van Belmont en Rooilaagte en van die
verste einde
kom kanonne manne en perde in militêre
gelid
Steyn staan op om te praat
aandagtig luister die vrystaatse
volksraadslede
hierdie oorlog is ‘n misdaad teen die
mensdom
die verbond met Kruger moet ons eer
Kruger praat in gespanne taal
dis my land, dis my land, wat hulle
wil kom haal
ons eer is op die spel
veg burgers, veg burgers, veg voort
ag, hoe het
die vroue en kinders gesterf
ag, hoe het
die eer die dood ge-erf.
na die onreg
word die onreg herhaal
hoe het die
vryheid gefaal
‘n eeu daarna word vrede verkies
Mandela en
De Klerk lewer ‘n nuwe verhaal.
Kubaanse
soldate word geweer
en so begin
die nuwe Vryheid weer
sonder die
slagoffers van ‘n noodlottige oorlog
No comments:
Post a Comment