Thursday 19 November 2015

PSALM 2 OORDENKING.


                                                             PSALM  2

                                          ONHEIL VERDWYN WANNEER GOD VERSKYN

                                   “Waarom is daar onrus onder die volke…? ” Psalm 2:1

Die gevoel van onheil word ‘n werklikheid wanneer alle sekuriteite wegval. As onveiligheid toeneem,word ons angstig en bang. Ons vrees dat ‘n ramp of ongeluk ons gaan tref. As binnelandse veiligheid  nie ‘n permanenete faset van die samelewing is nie, is ons nie meer seker van ons lewe nie. Dit beteken dat gewapende boosdoeners kan toeslaan en dat ons in hulle koëlrëen kan beland. Beperkinge op die polisie om vuurwapens te gebruik, veroorsaak by hulle en ons magteloosheid. Ons kan ons nie meer self  beskerm nie.

Oorloë en gerugte van oorloë klink soos die tekens van die oordeeldag. Terrorisme is wêrelwyd aan die toeneem: fanatieke mense plant bomme: veilige stede is nou plekke van terreur: ‘n enkele persoon hou groot moondhede as gyselaars.

In hierdie onsekere tye kom bevestig God sy almag: “Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.” God is deur Jesus Christus in beheer van allles. Hy bestuur alle gebeure. Jesus Christus is deur sy Gees werklik in ons: in sy hande is ons veilig. Hy kan en wil alle boosheid van sy kinders weer. Hy lei ons daagliks deur sy Woord en maak ons bewus van sy ewige Koningskap. Dus kan ons rustig gaan slaap, want “daar sal selfs nie eens ‘n haar van julle kop af val nie.” (Lukas 21:18).

 

 

 

GEBED

Here Jesus, ons voel onseker oor ons veiligheid. Ons wil vir U sê dat onheilsgevoelens ons beetpak.Bevry ons van vrees en bewaar ons van rampe en ellende.

 

VRAE

1.      Wat is die oorsaak dat daar onrus onder die volkere is volgens Psalm 2?

2.      Aan Wie gee God die volkere as eiendom in Psalm 2?

No comments:

Post a Comment