TYD DAT ROOMS
KATOLIEKE KERK EN PROTESTANTE PRAAT.
Die Bybelse
rede is Johannes 17. Jesus bid dat daar eenheid tussen sy volgelinge sal
wees. Dus dat daar ook moontlik een dag
eenheid tussen Rooms Katolieke Kerk en Protestante sal wees saam met die
Charismate.
Tweedens die
persoonlikheid van die Pous is reg vir so ‘n gesprek. Die Pous is
oppad na Afrika. Hierdie Pous het ‘n uitwaardse en plat op die aarde styl. Hy
is moontlik nie so skolasties soos sy voorganger nie. Elke Pouslikeperiode word
deur ‘n bepaalde pous se persoonlikheid gestempel. Lees Wegener se Boek oor die
LEWENDE KERK ivm hiermee.
Derdens het
sekularisasie oorhand toegeneem in die Kerklike kontinente. Die eeu van die
Verligting en die eeu van die Elektronika het veranderinge in die geloofsgevoel
en lewe van kerklidmate gebring. Dit sal aangespreek moet word as die Kerk
relevant wil bly.
Vierdens is die
Islam wat 1 en ‘n half biljoen aanhangers het ‘n faktor om in berekening te bring. Is hulle ‘n
moontlike sendingobjek? Wat van die ander godsdienste?
Wat dink jy?
No comments:
Post a Comment