Sunday 22 November 2015

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus het gesê:

Mat 5:9  Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Gelukkig is jy as jy vrede maak met die feit dat daar nie vrede is nie.

Gelukkig is jy as jy vrede maak met die feit dat jy nie volmaak is nie.

Gelukkig is jy as jy vrede maak met jou emosionele ongesteldhede.

 Gelukkig is jy as jy vrede maak met jou bure.

Gelukkig is jy as jy vrede maak met jou werk.

Gelukkig is jy as jy vrede maak met jou kerk.

Boweal is jy gelukkig as jy vrede in Jesus Christus gevind het.

Vrede in Christus Jesus is die voorkant van die keerpunt in jou lewe.

Vrede in Christus Jesus is die sjibbolet om as kinders van God bekend te staan.

Vrede in Christus Jesus is die waagmoedige tree wat op jou wag.

No comments:

Post a Comment