Thursday 5 November 2015

Psalm 23: Nuwe Testamenties vertolk.


 

Psalm 23: Nuwe Testamenties vertolk.

Die Here Jesus Christus is my goeie herder,

ek is volkome geestelik versorg.

Hy bring my as ‘n dwalende skaap tot rus.

Hy neem my vermoeide gees

in die holte van sy hand

en hy gee my vrede.

Hy gee my energie om daagliks te cope.

Hy wys my wat reg is om te doen,

sodat ek sy Naam sal beskerm.

Soms as ek gans verlore voel

en die donkerte my wil oorval

is Hy die lig in my lewe.

Aan die einde van die tye is sy uitnodiging hier

ten spyte van alles wat kan gebeur.

Hy is die Gasheer en ek die eregas

sy innemendheid is oorweldigend

sy liefde is ewig standvastig.

En verseker is my tuiskoms by Hom

‘n uitgemaakte saak,

want in Hom en tot Hom en deur Hom

is my lot by Hom verseker

en my ewige tuiskoms veilig in sy Hande.    

No comments:

Post a Comment