Die
moontlikheid bestaan dat daar ‘n gevoel van eksistensiële sinloosheid is. ‘n
Sodanige gevoel sal veral onder denkendes aanwesig wees. Ander kan dit adhok aanvoel.
Inteendeel dit is moontlik ‘n algemeen menslike gevoel. Hierdie latente gevoel
word ge-aktiveer deur terminale siektes, ingrypende kultuur en politieke
veranderinge, ouderdom, werkloosheid, aftrede, verwerping, liggaamlike
degenerasie, verganklikheid, dood en ander redes. Daar is geen rasionele
antwoord hiervoor nie. Daar is geen medikasie hiervoor nie. Geen fanatieke
antwoord is ‘n permanente oplossing nie. Sinloosheid sal bly knaag en
herhaaldelik terugkom as die euforie van fundamentalisme verdwyn.
Wat
bly: “Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort
ek vir altyd.” Psalm 73 vers 26.