Sunday 15 November 2015

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus het gesê:

Joh 10:11  Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

Jesus is die goeie herder. Daar is slegte herders. Hulle kyk nie na hulle skape nie. Maar Jesus kyk, want Hy is die goeie herder. Sy kyk is nie tydelik nie. Hy kyk elke sekonde. Hy word nie moeg nie. Sy gedagtes dwaal nie weg nie. Slegte herders se energie raak op, want hulle is mense. Hulle raak ingedagte of hulle raak in ‘n stupor. Nie hy nie, want hy is God.

Jesus is die goeie herder. Hy kyk na jou. Sy oë is op jou gerig.  Hy sluimer nie in en hy slaap nie. Wees dus gerus hy is goed vir jou.

No comments:

Post a Comment