Wednesday 18 November 2015

CHRISTELIKE GEDRAG VERG MEER AS SALOMO SE WYSHEID.


 

CHRISTELIKE GEDRAG VERG MEER AS SALOMO SE WYSHEID.

Christene se gedrag vra tans meer as Salomo se wysheid. Trouens die korrekte Christelike gedrag was nog altyd in die spervuur. In die verlede het mense hulle van die Christendom gedistansiëer weens Christene se gedrag. Gandhi het gesê: Ja vir Christus, maar nee vir christene.

Deesdae verskyn daar boeke met die Titels: Ja vir Christus, maar nee vir die Kerk. Dit is ingrypende kritiek wat ons nie ligtelik kan afmaak nie. Ons kan dit nie net as kwaadwillig of ideologies gedrewe sien nie. Daar mag wel ‘n element van waarheid insteek, maar dit mag nie ons aanspoor om ongekontroleerde gedrag te openbaar nie. Gister was daar in die Volksblad ‘n berig waarin beweer word dat ‘n openbare figuur se christelike obsessie afstootlik is. So deur dade en woorde is die moontlikheid altyd daar om aanstoot te gee.

Dit vra meer as Salomo se wysheid om korrek Christelike op te tree deur woorde en dade. Is die antwoord: ek sien niks, ek hoor niks en ek sê niks? Of vra dit selfbeheersing soos min? Vra my stres, emosionele ongesteldheid en gebroke persoonlikheid ‘n radikale aanpassing? Is selkennis die oplossing? Moontlik is die antwoord in meer as een van die moontlikhede opgesluit. Wat van ‘n kombinasie daarvan?     

No comments:

Post a Comment