Tuesday 3 November 2015

WINTERDAG..


WINTERDAG….

Die Vrystaatse vlaktes is spierwit soos in die Winter. Volgens die almanak is dit lente. Sigbaar iets anders. Om nou ‘n Boer te wees, verg moed, maar meer nog, waagmoed. As jy sou vog in die landerye gehad het, en sou saai,  sou ‘n koue Suid-oos alles pikswart gewaai het, soos dit nou hier buite waai. Voorwaar nie ‘n opbeurende prentjie nie. Nogtans soos Habakuk sê; sal ek in die Here jubel. Soos gelowiges bid ons, bid met die wete dat ons teen El Nino as geharde natuurverskynsel moet bid. Dit verg meer as nogtans, want ons is nou toegerus met nuwe wetenskaplike kennis. Nogtans bid ons, want ons vertrou Hom. Ons bely Hy is in beheer en soos alle gelowiges weet ons Hy sal sorg; Hy sal sorg soos vir Abraham op Moria.

Bykans die hele SA het ‘n watertekort as gevolg van El Nino ( die god van die noodlot). Mens en dier is van water afhanklik. Damme se vlakke is laag. Dus is daar waterbeperkinge en drinkwater te korte; drinkwater se waarde is ver meer as goud en silwer en as korale.

Ons is in dieselfde bootjie. Of in Hong Kong, Singapoer, New York of Johannesburg die aarde is ons tydelike woonplek. Dus behoort ons nogtans te glo…

No comments:

Post a Comment