Friday 26 January 2018

NASIONALE WATERPLAN

Suid Afrika benodig 'n Nasionale Waterplan asook 'n daadwerklike uitvoering daarvan.

Tuesday 9 January 2018

WAT MOET EK JOU LEER, MY KIND?


Wat moet ek jou leer, my kind(jie)?

Nou, vir oulaas?

http://www.seker.co.za/

Saturday 6 January 2018

NIHILISME EN VOORSIENIGHEID.


Nihilsme en Voorsienigheid word nie teenoormekaar gestel nie, maar naasmekaar. In die dieptestruktuur van die gesprek gaan dit om een noemer angs. Menslike angs wat om baie redes ‘n historiese gemendeler geword het, het in baie opsigte die algemene bousteen van ons Westerse wêreld geword. Ons belewe lewensangs, want ons bevind ons in bose kringloop van geboorte, opgroei en sterf. Die graf is ‘n roekelose uiteinde van alles wat ons ken, nie net van ons bestaan nie, maar die hele kosmos. So ‘n denke loop uit op ‘n nihilism. Alles kom tot niks.

In die The Economist se The World in 2018 is die redakteursbrief juis besig met angs. Baie wêreldgebeure gee aanleiding tot angs. Een daarvan is die konflik tussen Noord en Suid-Korea ens. Die antwoord op angs is die vraag hoe om van angs te ontvlug? en dit is moontlik die Winter Olimpiese Spele in Seol, die Wêreldsokker in Rusland, en die wettiging van medisinale dagga asook die herlewing van Mary Poppins se musiekblyspel.

Is die vraag moontlik: wat verdoof ons angs? Watter narkotiseermiddel moet ons gebruik om angs te verwerk? Sport, musiek en kruiemiddele soos dagga?

The Economist se inhoud is van hoogstaande analise. Heerlik om te lees en dit skroom nie om ons probleme aan te spreek nie. Joernalistiek by uitnemendheid, denkend en beredeneerd.

Die Bybel sê in : Gen 22:8  En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir ‘n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.

 

Monday 1 January 2018

GOD EN LYDING.

Wanneer ons oor lyding, pyn, siekte, oorloe en ongeneeslike kankers praat, is dit maklik. Sodra ons  lyding persoonlik ervaar, is dit 'n perd van 'n ander kleur. Dan is daar menige vrae wat opduik.
As ons gelowig is, vra ons na God se optrede op ons moeilike pad wat ons moet hanteer. Dan vra ons oa waarom God? is dit my sonde wat dit veroorsaak het? waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? waarom help God nie? ens...
Ons ervaar wanhoop as ons ernstig ly, maar daar is hoop en besliste hoop volgens die Bybel.
Die oorsaak van die lyding is by die optrede van een mens, naamlik Adam. Die Bybel se in
"Rom 5:12
Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het." Dit beteken dat Adam die oorsaak van alle ellende is. God is regverdig en toornig en daarom straf Hy die sondaar, Adam, wat die gevolge van die sonde soos 'n blinde Simson op ons almal laat 'instort' het.
Maar God is ook liefdevol, daarom gee Hy die moederbelofte en sy Seun wat Versoening kom doen het. Die Bybel se in   
"Rom 5:11 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het." Dus het God die daad van Adam kom uitskakel deur sy Seun se Versoeningsdood aan die Kruis.
Wat is ons gevolgtrekking oor dit alles?
God het ons in lyding regverdig kom verklaar deur Jesus Christus. Dus kan ons in diepe lyding hoop kry in die Bybel se woorde van
"Mat 19:26 Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik." Maw al is ons omstandighede hopeloos, kan ons ons op God beroep in gebed om die onmoontlike te doen, naamlik die oplossing van die probleem sowel as genesing van siekte van watter aard ookal.
Maar dan behoort ons die volgende te onthou wat die Bybel  meld in
"Mat 7:9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee;
Mat 7:10 en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee?

Mat 7:11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid! "
 God sal die beste gee vir ons in lyding. Vra na sy wil en Hy sal antwoord.
 

2018

Niemand kan met akkuraatheid die toekoms voorspel nie. Dog,  daar is Toekomskundige wat met sekere hedendaagse feite en modelle werk om 'n hipotetiese bepaling van 2018 te maak.
Op een van die Nuuskanale is daar diegene wat beweer dat die Westerse beskawing net soos ander beskawings besig is om die swanesang te sing. Hy beweer op grond van die feit dat die Romeinse beskawing en ander tot 'n val gekom het, sal die Westerse een ook tot sy einde sal kom.
Ons praat nie nou van eindes nie, maar van die begin van 2018. Die gebeure van 2017 sal sekerlik  nagevolge vir 2018 inhou. Twee gebeure plaaslik, is die Leierskap van die ANC en die Steinhoff aangeleentheid, wat seker in 2018 gaan uitspeel. Wat dit presies gaan behels, is onvoorspelbaar.  Elkeen van ons het 'n eie voorveronderstelling wat ons visie vir 2018 is. Is dit negatief, positief of gebalanseerd?  Die ou Griekse filisowe het gese dat as 'n mens nie krities na jou voorveronderstelling kyk nie, kan jy nie behoorlik lewe nie. Degenaar op Stellenbosch was in die vorige eeu nie gewild nie omdat hy Sokrates se kritiese vraagstelling be-oefen het. Nico Smith het in ons klas op Teologiese Fakulteit gese dat ons nie ons wickets moet verdedig nie, maar toelaat dat ons voorveronderstellings uitgeboul word. So kom ons kyk krities na ons eie opinie oor 2018. Het dit balans?