Monday 30 November 2015

OORDENKING ROMEINE 8.


Rom 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

God se Vryheid om ons van sonde te vergewe, is beliggaam in die Skrif. Daar is geen twyfel daaroor nie, sou daar onsekerheid hieroor wees dan beperk ons God se Vryheid. Dit mag en kan nie, want ons is die afhanklike en nie die magtige nie. Wanneer ons die grense stel, is ons naby die goue kalf. Afgodery word deur ons begrensdheid veroorsaak. Ons het ‘n grens, omdat ons verganklik is, maar nie die grenslose Onverganklike nie. Sodra ons die onbegrensde begrens is afgodery op ons stoep. Maar die Vryheid van God om welbehaaglik op te tree, kan nie ingeperk word nie. As dit wel die geval was, was God nie vry om ons van sonde te bevry nie.

Dit Skrif verklaar dat die Vryheid om ons te versoen is in die eerste en die laaste instansie opgesluit in die draer van die naam, Jesus Christus, want hy is waarlik God en Hy is waarlik mens. In hierdie eenheid van die twee nature van Christus is die volle goddelike openbaring. Die Goddelike Vryheid vir ons is in die bestaan van Jesus Christus. Hierdie  feit van die openbaring nl dat ons van sonde verlos is, veronderstel kennis en vertroue op Hom alleen. Nie op sigbare dinge nie, maar op die onsigbare want God is Gees.

Hierdie Skriftuurlike openbaring nl dat ons vrygepreek is van sonde berus op gehoorsaamheid. As ons gehoorsaam aanvaar dat ons wel vrygespreek is van sonde dan eerbiedig ons die  Vryheid van God om ons wel vry te spreek. Indien nie beperk ons die Evangelie van blydskap en vrees ons die dag om in die hande te val van ‘n verterende nimmer eindige vuur.   

No comments:

Post a Comment