Sunday 15 November 2015

RESENSIE: DAGMAAN: NG KERK UITSIG: BLOEMFONTEIN.


RESENSIE: DAGMAAN: NG KERK UITSIG: BLOEMFONTEIN.

Datum: Sondag: 15 November 2015.

‘n Voortreflike opvoering. Andre en Schoemé het die gehoor geluidloos gelaat. Twee jong akteurs met hoogstaande klas. Ek wil hulle as van die beste in Suid-Afrika tipeer. Hulle praat duidelik, hulle gesigspel so gepas, hulle inlewing in die rolle tops. Ek het net gloeiende kommentaar. Dagmaan, gaan oor klippe soos smokkelary, delms, en skelmpies. Maar die maan is klip, en die maan is die son. En ons son is God. Die hand van Michelle, regisseur, is duidelik sigbaar, en Ebeth, bestuurder SEKER PRODUKSIES, lewer puik diens.  Ons is so dankbaar vir ds. Hein Kotze, Predikant van Uitsig, wat die kunste toelaat en liefhet. Die samesang was heerlik voor die toneel. En ons is so dankbaar vir Nico Davids wat sy lewensverhaal met ons gedeel het. Sonder sy mededeling is die voortreflike lewensverhaal nie moontlik nie.

Die gehoor het spontaan handegeklap. Hulle het dit so geniet. Hulle wou nie die kerk verlaat nie. Na die tyd sê een van die toeskouers: daar het net drank as klip gekort. Ja, die opmerking was  veelseggend.

No comments:

Post a Comment