SY SKOONHEID
“Uit u hand
kom net wat mooi is.” Psalm 16:11
Die Bybel is vol daarvan. Alles wat
goed is, kom van God af. God is nie die oorsaak van die sonde nie. Hy is die
Heilige. “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees heilig,
want ek is heilig.” (Lev. 11:44). Maar ons heilige God is liefdevol: “God is liefde.. “ (1 Johannes 4:8). Dit
beteken: ons kan sonder vrees na Hom toe gaan. Hy is ons goedgesind. Hy het al
ons onheiligheid deur Jesus Christus vergewe. Die dag toe ons tot bekering
gekom het, het sy vergifnis ingetree en sy veroordeling verdwyn: “Wie in Hom
(Jesus) glo, word nie veroordeel nie.” (Johannes 3:18). In sy
goedgesindheid lewe ons vry van die
vloek op die sonde: lewe ons lig, sonder
swaar gewigte in ons gemoed.
God het ‘n nuwe atmosfeer geskep: Nou
kan ons in vryheid Hom alle eer en dank toebring: nou kan ons saam met die
Psalmis uitroep: “Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles
van U af.” (Psalm 16:5). In ons het ‘n nuwe bestaan aangebreek. Ons kyk met
ander oë na ons omgewing en na ons naaste. Moontlik sien ons vir die eerste
keer die skoonheid van God se skepping
raak.
Kom ons begin getuig van God se
goedheid, sy sorg, sy hulp en sy sëen. “En julle moet getuig, want julle is van
die begin af by My.” (Johannes 15:27).
GEBED
Goeie God, vir die eerste keer sien
ons die skoonheid van die lewe raak. Gee aan ons die moed om van u goedheid te
getuig.
VRAE
1. Van
watter Goddelike sorg praat Psalm 16?
2. Wie
of wat verhoed sonde struikeling? Wat behoort ons prakties te doen?
No comments:
Post a Comment