Monday 2 November 2015

SPRINGBOKKE: WIE SE SKULD?


SPRINGBOKKE: WIE SE SKULD?

‘n Derde plek is vir die meeste Bok ondersteuners nie goed genoeg nie. Ons soek oral na die oorsaak of oorsake hoekom die span nie Goud verdien het nie. Om die afrigter alleen die blaam te gee, is seker reg, maar ook nie heeltemal akkuraat nie. Heelwat faktore speel ‘n rol. Ons spelers se gemoed of emosies is baie belangrik. Ontleed die span se kopdokter die sielkundige samestelling en stresfaktore op en van die span? Is die spelers grerat vir die wedstryde? Gerat vir Eddie Jones? Kyk hulle genoeg na die opponente se TV wedstryde? Kyk hulle na 1986 se Springbokke se spelpatroon?   Is Bokram al spelpatroon wat ons ken? Selfs ‘n amateur kan dit voorspel. Moet ons altyd hoë skoppe in die opponente se hande skop? Hulle benut die bal so goed en dan moet die Bokke verdedig. Kan die Bokke die stres op die veld hanteer?

Moontlik is ‘n volledige analise van die Bokke se persoonlikhede en hulle spel nodig. Selfs die Afrigter se make-up moet ondersoek word of hy geskik is om die stres te hanteer asook kreatief genoeg is om verskillende planne en style vir die span te leer. Daarby behoort ‘n omgewingsveld studie voor elke wedstryd gemaak te word. Waar en die weer speel ook ‘n rol.

No comments:

Post a Comment