Monday 30 November 2015

BLEEK


BLEEK

Bleek blink die blinkende son teen die hele horison

maar die nanag vergaar die kommer sonder om te kla

                                           

so breek die oorlog berekend dan aan

so sonder die denkende gevolge daarvan

 

o, eindelose nag, en o, eindelose dag, wat wag

is daar dan geen einde aan hierdie waansin wat wag?

 

swerm om swerm kom die kakies

in volle gang en met magtige swang

 

van Belmont en Rooilaagte en van die verste einde

kom kanonne manne en perde in militêre gelid

 

Steyn staan op om te praat

aandagtig luister die vrystaatse volksraadslede 

 

hierdie oorlog is ‘n misdaad teen die mensdom

die verbond met Kruger moet ons eer

 

Kruger praat in gespanne taal

dis my land, dis my land, wat hulle wil kom haal

 

ons eer is op die spel

veg burgers, veg burgers, veg voort

 

ag, hoe het die vroue en kinders gesterf

ag, hoe het die eer die dood ge-erf.

 

na die onreg word die onreg herhaal

hoe het die vryheid gefaal 


 

‘n eeu daarna word vrede verkies


Mandela en De Klerk lewer ‘n nuwe leierseienskap.

 

Kubaanse soldate word geweer

en so begin die nuwe Vryheid weer

 

sonder die slagoffers van ‘n noodlottige oorlog

 

dog die droom van rasloosheid het vergaan.

 

No comments:

Post a Comment