Thursday 12 November 2015

STIG NUWE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT OP STELLENBOSCH!

Die skrif is aan die muur. Egalitarisme het gewen. Alles is nou Engels. Jy kan nie hoes teen die wind nie. Die kultuurkragte is te sterk. Die besprekingsdokumente tans op Maties sal later beleidsdokument word naamlik dat Engels Maties se taal gaan word. Die arme Rektor en Raad probeer hulle bes, maar hulle gaan dit nie maak nie, want die kultuurversnelling het hulle ingehaal en die tsunami gaan hulle oorweldig. Moenie hulle kwalik neem nie.
Wat nou? Wat moet ons doen? As dit ons erns is met Afrikaans dan moet ons uithaal en wys. Dan moet ons bereid wees om piepklein op Stellenbosch 'n eie nuwe Afrikaanse Universiteit stig. Begin in 'n klein vertrek. Selfs met 2 student. Bied een eie Graadkurses aan. Vergeet akkreditasie by die Regering. Die kursus moet so goed wees en die student puik, sodat dit die gehalte bepaal. Maw dit is 'n subjektiewe benadering en het nie 'n sogenaamde objektiewe gehaltesertifikaat nodig nie. Finansier die nuwe Universiteit self, geen geld word van die owerheid ontvang nie. Dit is 'n reuse taak wat nederig moet begin en met geen snob-gesindheid nie.
Wat is jou opinie?

No comments:

Post a Comment