Friday 30 October 2015

PREDIKING IN GEDING.


PREDIKING IN GEDING.

Die effektiwiteit van die Prediking in die Hoofstroom Kerke bly in geding. Dit is soos oud soos die Kerk self. Hier gaan dit om die hoe van die Prediking. Opgeleides weet dat die Preding se inhoud handel oor die verkondiging van God se Woord, die Bybel. Gekwalifiseerd is dit nie fundamentalisties nie, maar Teologies nadenkend oor die Skrif. Maar hoe bied jy dit aan? Ons weet wat, maar hoe? Hierdie hoe is belangrik, want die lidmate is Sondag na Sondag luisteraars. Toe ons instap in Praktiese Teologie in die 70’s van die vorige eeu, het Prof B. Muller ‘n Hollandse Boek: Wat vindt uw in het Kerkdienst! behandel. Daarin worstel die Europese Kerk met die effektiwiteit van die Prediking. Niemand het ‘n klinklare oplossing nie. Wyle Prof Willie Jonker skryf ook ‘n Boek oor die saak: Die Woord as Opdrag. Self in PE in 70’s konferensie bygewoon oor die saak. Moet ons Sadisties of Masogisties Preek. Vreemd inderwaarheid.  

Ons kan baie lank teoreties hieroor praat. Maar wat verwag lidmate? Hier is 2 persoonlike sake ter sprake. Die eerste een is: wat verwag die lidmaat? En wat is die persoonlikheid van die lidmaat? Tweedens: wat is die persoonlikheid van die Prediker en hoedanig het hy voorberei? In SA was en is daar ‘n verskeidenheid uitstaande Predikers: As jy soteriologies ingestel is of behoefte aan bekering gehad het dan sou dr Willie Marais ideal jou soos ‘n handskoen gepas het. Hy het uit die vuis die gehoor destyds bekoor.

Ds I de Villiers was die kunstenaar-prediker.  Hy kon jou roerend boei. Minder bekend was daar ds. Wessel Odendaal, Sendeling. Hy het Barthiaans gepreek. Vir die denkende Teoloog so na aan die hart. My Promotor met D-graad, en nou Proffie in Princeton VSA, het vir my gesê as Wessel preek is hy daar.

Maw die effektiewe aanbod en die aanhoor van die Prediking hang van Persoonlikhede af. Die van die Prediker en die van die lidmaat. Wat is die oplossing? Weet nie, moontlik kies wat op die Spyskaart is.  Hierdie is ‘n opinie van onder na Bo.

No comments:

Post a Comment