Monday 16 November 2015

NG KERK EN GAY WEES? US EN AFRIKAANS?


NG KERK EN GAY WEES? US EN AFRIKAANS?

Twee sake. Twee omspringe. Twee sensitiewe oomblikke.

Wat is die gemene deler? Voor die handliggend. Omkeer.

Ek kan treur oor die omspringery. Die Kerk moes sekerlik die onderskeid gemaak het, naamlik: status en praksis. Ons status in Christus word deur Genade en geloof bepaal en nie deur seksualiteit nie. Waar in die Bybel stel Jesus Christus die vereiste dat seksualiteit ‘n mens se redding bewerkstellig. Die tekste oor seksualiteit handel oor die praksis, die praktyk. Maw maak nie saak of jy hetro, gay of aan watter seksualiteit georiënteer is nie ons moet ‘n Christelike lewenswyse nastreef. Jou status en praksis behoort oor een te kom. Dit is voorwaar ‘n treurige dag dat anti-gay kerke ontstaan.

Oor die US. Wat ‘n dilemma? Ja, vir die besluit om Afrikaans nog in 2016 te huisves. Na my mening is dit tydelik. Die druk gaan toeneem. Die betogings gaan die US terroriseer. Oor 10 jaar van nou is ons ou omies oorlede en die nuwe Raad en die Konvokasie se taal en affiniteit vir Afrikaans dood. ‘n Nuwe Afrikaanse Universiteit op Stellenbosch is nodig vir die toekoms. Los snobisme en begin in ‘n Kerksaal as ons ernstig is oor Afrikaans.

Waarom die omspringery? Lei ons bemaning van die Kerk en van die  Universiteit aan dieselfde sielkundige siekte van ons tyd naamlik: is ons bi-polêr? Wanneer ons onder stres is dan spring onvanpaste gedrag uit.

No comments:

Post a Comment