Monday 9 November 2015

SPORT: ATLETIEK: VREEMDE MORALITEIT.


SPORT: ATLETIEK: VREEMDE MORALITEIT.

Wat ‘n onthulling. Daar word beweer dat die Russiese Atletiekvereniging deelgeneem het om hulle atlete op verbote middele te laat deelneem. Hulle anti-verbode middele vereniging het glo dit verdoesel en saamgehardloop op hierdie bedenklike pad van dismoraliteit. Ons kan sê: nog een. Ons is nou al gewoond hieraan. In ons tyd het ons die Krieket onthulling gehad. Fifa sit ook met korrupsie en omkopery. Ons raak gedesensifiseer hier teenoor. Later aanvaar ons dit maar gelate.    

Die vraag is: mag of kan ons nog van moraliteit in Sport praat? Hierdie optrede van Sportliggame wat bedenklike moraliteit najaag, laat die vraag ontstaan: is daar nog enige skoon sport of word daar ook maar omgekoop in Gholf, Tennis, Rugby ens. Die sportpubliek is nou sinies. Is dit die teken van die tye dat die sogenaamde beskawing aan die einde van sy bestaan is? Weet nie. Wat dink jy?

No comments:

Post a Comment