Saturday 21 November 2015

DRIE-EENHEID.


 

DRIE-EENHEID

O, God

vir sommige het u verdamp,

maar vir my het u verskyn,

want u verslete geskrif getuig van u

as God, aan ons, die vader

as God, vir ons, die seun,

En as God, in ons, die gees.

Tog is u nie van ons nie,

want dan so u ‘n skildery in ‘n kunsgallery

gehang in stille gewaad

wagtend op ‘n bie van ‘n outistiese gewaad.

U is geen genitief nie,

maar u is lewendig in ons

U is 3 tog 1

nie ‘n vektor nie

nie ‘n maat onder ‘n emmer nie

Maar ‘n deurslaggewende fakor so lank ek leef.

No comments:

Post a Comment