RESENSIE: DAGMAAN: NG
KERK UNIVERSITAS-WES
Wat ‘n belewenis. Andre Louw,
en Schoemé Grobler, akteurs, het die jaar voortreflik afgesluit. Hulle het hulle
so goed van hulle taak gekwyt dat daar mense in die gehoor na die tyd kom
vertel het dat hulle met die akteurs se spel kon identifiseer. Michelle Hetzel
se bekwame hand as Regisseur was duidelik sigbaar.
DAGMAAN handel oor ‘n
christelike huwelik wat bykans op die rotse was, maar deur Gods genade gered
is. Die verhaal is deur die akteurs aangrypend uitgevoer.
Ons het die talent. Ons
kan dinge doen. Ons hoef nie in sak en as te sit nie. Afrikaanse spirituele
toneel kan lewe.
Aan dr. Carel van der
Merwe en die Kerkraad ons innige dank dat ons die Evangelie op die wyse kon
uitdra. Ons is baie dank verskuldig aan die gemeente van Universitas-Wes,
Bloemfontein
Indien u belangstel om die verhoogstuk opgevoer te
sien skakel asb met Ebeth Wilson: Bestuurder SEKER Produksiehuis. Haar epos adres is: ebethwilson16@gmail.com
No comments:
Post a Comment