Monday 27 June 2016

HOOP VIR DIE KERK!


Ek wil graag my kollega, ds Delmarie Viljoen, gelukwens met haar bedieningstyl in die Springfontein-gemeente van die Vrystaat. Sy het voorwaar iets reg gekry wat ‘n mens hoop gee vir die kerk. As jong kollega bied sy ‘n Afrikaanse diens met ‘n Engelse opsomming van haar preek inter-kerklik aan. Al die verskillende kerke se lidmate is daar en natuurlik ook die VGK. Op Gariepdam is die VGK so deel van die NG Kerk dat dit ‘n vreugde is om dit te ervaar. Ek los haar Sondae op die oomblik af met die eredienste en is dit een loutere plesier om almal so te ervaar. Om ook die erediens tweetalig aan te bied sonder dat een van die kulturele groepe uitgesluit word, is heerlik. Tee tyd praat ons in Afrikaans en Engels, en drink ons bossies en Engelse tee, en eet ons koeksusters en Engelse muffins.  Die jong klomp dominees doen dinge reg. Natuurlik het sy op Maties geswot! Ek moet darem spog met my ou alma mater.   

Saturday 25 June 2016

JA, VIR PROF HERMAN GUILLOMEE!


Ja, vir Prof. Herman Guillomee se opmerking oor RSG vanoggend. Hy sê na aanleiding van die US se taalbeleid dat ons nou eie onderwysinrigtings, skole en Universiteite, op die been moet kry. In die Noorde is die embrio daar by Akademia. As hulle UP se naam wil verander na Tswane dan vat ons die naam Pretoria terug na ons instellings. Ons 65+ wil Brexit van die Staat se Onderwysinstellings. Net soos die Brits voel ons ons het ‘n ryke tradisie. Ons gun die jeug om te kies in watter taal hulle onderrig wil word, maar wil vir die wat in Afrikaans studeer die geleentheid gun. Dit is Afrikaans, in sy breë skakering, sonder grense, sonder ideologie, sonder politiek, net die taal, net die morfologie en die fonetiek. Staan ons op die trumpel van nog ‘n 7de Taalbeweging?     

Wednesday 22 June 2016

AFRIKAANS LEWE!


AFRIKAANS LEWE! Die koerante se beriggewing oor die UP se skrapping van Afrikaans as oderrigtaal is negatief, passief depressief en kommerwekkend. Plaas Afrikaans.com op die voorblad as antwoord. Kry ‘n predikatiewe en pro-aktiewe berig op. Neem die voortou Koerante, en begin ‘n Reddingsdaaadbond oor Afrikaans in die hele Onderwys-sisteem. Kry alle rolspelers van die linkerkant tot die regterkant afgesien van kleur ens. wat oor innerlike oortuiging saamstem dat Afrikaans as onderrigtaal moet voortgaan, byeen en begin met ‘n plan van aksie. Ons het al Akademia wat na Pretoria Afrikaanse Universiteit herdoop kan word. Ons het die internet vir e-learning, ons het die TV vir daaglikse Universiteitsuitsendings. Ons het genoeg dosente wat ‘n hele Afrikaanse Universiteit kan beman. Ons het Prof T. Eloff wat die Rektor kan wees. Al wat ons nou nodig het, is ‘n positiewe aksie. Die jeug ervaar ons negatiewe opmerkings as irrelevant. Ons ou Ooms benadering sit hulle in die bed en maak hulle net apaties. Los hofsake en moenie geld daarmee mors nie. Skenk dit vir Akademia. Vergeet die grondwet. Die Sunday Times het al op 9 Januarie 1966 in ‘n hoofartikel geskryf: “that no constitution can ever provide permanent safeguards against future change..” Kom ons beweeg weg van ‘n slawe mentaliteit wat weg beweeg van die staat en staan nou ‘n slag op ons eie bene.  Al is dr. DF Malan deur I Kant in sommige van sy uitsprake be-invloed, kan ons nogtans vandag weer vra: Quo Vadis?