Thursday 19 November 2015

EDDIE JONES VERLAAT STORMERS.


EDDIE JONES VERLAAT STORMERS.

Wat ‘n jammerte dat ons Stormerspelers so ‘n meesterbrein in Rugbywêreld vir eers verloor. Hy het hom al menig tal bewys as ‘n afrigter wat enige span kan optel. Ons het behoorlik op ons neus gekyk met die Jappaners. Hy het ‘n rugby kreatiwiteit soos min. Hy het bal sense.

Ons afrigting het gestagneer. Ons rig met die stormram idee af. Jy storm altyd op dieselfde patroon. As die bal uitkom dan gee die skrumskakel dit vir die los voorspelers en die storm daarmee en word net daar terstond deur die opponente doodgedruk. Die spel is so voorspelbaar enigeen kan dit voorspel. Maar nee wat wie sal nou luister. Ons wyk nie af van die kwaad, want ‘n man kan sy man staan.

 So daar het ons ‘n resep vir ‘n ramp. Moontlike oplossing: Kry die All Blackafrigter om hier lesings te kom aanbied oor kreatiewe rugbyspel. Ons het ook self ‘n klomp oulike afrigters. Peter de Villiers, White en hoekom nie’n slag vir Naas Botha kry nie, wat van Ashville Willemse, en Breyten Paulsen. Waarom net een ster op ‘n slag en waarom nie ‘n paar van hulle nie? Deur knap afrigters saam is daar moontlik ‘n oplossing vir stagnasie.

Wat dink jy?

No comments:

Post a Comment