Monday 30 November 2015

KLEURLOOSHEID


KLEURLOOSHEID

 

Kleurloosheid is die blik wanneer mens en masjien mekaar verklik:

doem, doem, doem weerklink die monitor   

om die vleesgeworde klank weergaloos te verklank

dit is die soort klank wat weergalm

as hamer en stiebeuel moerig oortyd werk.

Kleurloosheid is die blik wanneer mens en masjien mekaar verklik:

doem, doem, doem weerklink die monitor   

om die vleesgeworde klank weergaloos te verklank

dit is die soort klank wat weergalm

as hamer en stiebeuel moerig oortyd werk.

 

Kleurloosheid is die blik wanneer mens en masjien mekaar verklik:

doem, doem, weerklink die monitor   

om die vleesgeworde klank weergaloos te verklank

dit is die soort klank wat weergalm

as hamer en stiebeuel mekaar moerig omhels

 

 

Die fopspeen word obseleet         

wanneer die hartskok

geen beweging in die odontologiese gebit  bring:

wanneer die fopspeen ‘n terloopse obelisk

in die obituaríus word.

BLEEK


BLEEK

Bleek blink die blinkende son teen die hele horison

maar die nanag vergaar die kommer sonder om te kla

                                           

so breek die oorlog berekend dan aan

so sonder die denkende gevolge daarvan

 

o, eindelose nag, en o, eindelose dag, wat wag

is daar dan geen einde aan hierdie waansin wat wag?

 

swerm om swerm kom die kakies

in volle gang en met magtige swang

 

van Belmont en Rooilaagte en van die verste einde

kom kanonne manne en perde in militêre gelid

 

Steyn staan op om te praat

aandagtig luister die vrystaatse volksraadslede 

 

hierdie oorlog is ‘n misdaad teen die mensdom

die verbond met Kruger moet ons eer

 

Kruger praat in gespanne taal

dis my land, dis my land, wat hulle wil kom haal

 

ons eer is op die spel

veg burgers, veg burgers, veg voort

 

ag, hoe het die vroue en kinders gesterf

ag, hoe het die eer die dood ge-erf.

 

na die onreg word die onreg herhaal

hoe het die vryheid gefaal 


 

‘n eeu daarna word vrede verkies


Mandela en De Klerk lewer ‘n nuwe leierseienskap.

 

Kubaanse soldate word geweer

en so begin die nuwe Vryheid weer

 

sonder die slagoffers van ‘n noodlottige oorlog

 

dog die droom van rasloosheid het vergaan.

 

OORDENKING: PSALM 23


                                                               PSALM 23

                                                      HERDERLIKE ENERGIE.

                                                       “Hy gee my nuwe krag.”  Psalm 23:3.

Energie speel ‘n baie belangrike rol. Sonder persoonlike lewenslus sou ons nie behoorlik kon funksioneer nie: sou ons tam en lam gewees het, sou ons nie kon werk of presteer nie. Lusteloosheid word deur baie dinge veroorsaak. Emosionele uitputting tap ons energie. As ons baie dink, verbruik ons brein byna tagtig persent van ons stamina. Probleme vreet ons krag op: dit is een van die mees energietappende gebeurtenisse. As ons depressief is, is ons kragteloos: dan wil ons net sit, omdat ons moeg is. As ons ernstig siek is, is ons vir niks lus nie. As ons ‘n dierbare deur die dood verloor het, voel ons ellendig en moeg.

Baie van ons voel sonder lewenslus en sonder God. Hoe kan God vir ons lief wees as ons swakkelinge is? Kyk na Dawid van die Bybel en skep moed.

God het Dawid, ‘n sondaar, toegelaat om Psalm 23 te skryf. Die sonde het hom uitgeput: nogtans  het die Here hom gelei na die rus in groen weivelde en het Hy vir Dawid by die waters van vrede gebring. Daarom het Dawid gesê: “Hy gee my nuwe krag.” (23:3).

Jesus Christus is ons goeie herder: “Ek is die goeie herder.” (Johannes 10: 11). Ons Herder nooi ons uit om met Hom te praat as ons lusteloos is: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is,  en Ek sal julle rus gee “(Mat 11:28).

 

GEBED

Ons Vader, ons wil ons moegheid kom bely. Here, ons het so baie probleme wat ons energie verbruik. Ons bid om nuwe krag.

 

VRAE

1.      Psalm 23 beskryf God as ‘n herder, maar in dié Psalm is daar ‘n versluierde ander beeld waarmee die Here voorgestel word. Watter beeld is dit?

2.      Met watter gesindheid ontvang God ons, sy  eregaste? 

 

                                                   

 

 

OORDENKING ROMEINE 8.


Rom 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

God se Vryheid om ons van sonde te vergewe, is beliggaam in die Skrif. Daar is geen twyfel daaroor nie, sou daar onsekerheid hieroor wees dan beperk ons God se Vryheid. Dit mag en kan nie, want ons is die afhanklike en nie die magtige nie. Wanneer ons die grense stel, is ons naby die goue kalf. Afgodery word deur ons begrensdheid veroorsaak. Ons het ‘n grens, omdat ons verganklik is, maar nie die grenslose Onverganklike nie. Sodra ons die onbegrensde begrens is afgodery op ons stoep. Maar die Vryheid van God om welbehaaglik op te tree, kan nie ingeperk word nie. As dit wel die geval was, was God nie vry om ons van sonde te bevry nie.

Dit Skrif verklaar dat die Vryheid om ons te versoen is in die eerste en die laaste instansie opgesluit in die draer van die naam, Jesus Christus, want hy is waarlik God en Hy is waarlik mens. In hierdie eenheid van die twee nature van Christus is die volle goddelike openbaring. Die Goddelike Vryheid vir ons is in die bestaan van Jesus Christus. Hierdie  feit van die openbaring nl dat ons van sonde verlos is, veronderstel kennis en vertroue op Hom alleen. Nie op sigbare dinge nie, maar op die onsigbare want God is Gees.

Hierdie Skriftuurlike openbaring nl dat ons vrygepreek is van sonde berus op gehoorsaamheid. As ons gehoorsaam aanvaar dat ons wel vrygespreek is van sonde dan eerbiedig ons die  Vryheid van God om ons wel vry te spreek. Indien nie beperk ons die Evangelie van blydskap en vrees ons die dag om in die hande te val van ‘n verterende nimmer eindige vuur.   

RESENSIE: DAGMAAN: NG KERK UNIVERSITAS-WES.


RESENSIE: DAGMAAN: NG KERK UNIVERSITAS-WES

Wat ‘n belewenis. Andre Louw, en Schoemé Grobler, akteurs, het die jaar voortreflik afgesluit. Hulle het hulle so goed van hulle taak gekwyt dat daar mense in die gehoor na die tyd kom vertel het dat hulle met die akteurs se spel kon identifiseer. Michelle Hetzel se bekwame hand as Regisseur was duidelik sigbaar.

DAGMAAN handel oor ‘n christelike huwelik wat bykans op die rotse was, maar deur Gods genade gered is. Die verhaal is deur die akteurs aangrypend uitgevoer.

Ons het die talent. Ons kan dinge doen. Ons hoef nie in sak en as te sit nie. Afrikaanse spirituele toneel kan lewe.

Aan dr. Carel van der Merwe en die Kerkraad ons innige dank dat ons die Evangelie op die wyse kon uitdra. Ons is baie dank verskuldig aan die gemeente van Universitas-Wes, Bloemfontein   

Indien u belangstel om die verhoogstuk opgevoer te sien skakel asb met Ebeth Wilson: Bestuurder SEKER Produksiehuis.  Haar epos adres is: ebethwilson16@gmail.com

Sunday 29 November 2015

DIE BUS VAN BULBERG.


DIE BUS VAN BULBERG.

 

In ‘n stil staande spruit

in die kambro karoo

oorkant Bulberg

staan ‘n roerlose bewegende bus

groter regop parkeer as al die dynserige bossies saam.

met grynslaggende dakkoepels soos maskermonde ewig oop

roepend roerend rasend teen God

‘n geboorte is geen nuwe lewe ooit

‘n geboorte is ‘n gedrog , ‘n Frakenstein, ‘n monster

gepredestineer om te sterf.

Vandat sperm en ovum ontmoet is die dood die spektrum

gene is geneties gechromosoneer

reigend deur selinfeksie eindigend verdomp

sydelings

vir verbygaande emigrante

wat hulle haas na die kaap

en haas en haas en haas na die kaap

is die klank in ‘n geluidlose lug

wat knor met knaldempers wat lol

maar die hol kol knal

want die knolle na die kaap

vergeet die duisende skaduwees

wat versmeld in die vergetelheid.

van die eens knusse busse se kopees

op pad na die tuisland

Die bus van Bulberg in die Karoo

staan daar ongesteurd

geeneen kan dit versteur,

want dit het in die spruit tot stilstand geknars.

Die San het die Karoo gedoop tot droogte--geteisterd.

Geen silwer water is beskikbaar om die bus se roete te verteur.

net die winde huil af en toe om die eensame boeg

wat daar hoog uittroon in die karoo tot monument vir die eensame en vergete reisiger.

Die dakhoepels is soos die glimende ribbebene van ‘n ontbinde lyk:

wat na jare van stille verblyf onder die aarde opgegrawe is vir verdere herderlike nekrologie.

Die panele langs die sye is soos die laaste omhulsel van ‘n vergane liggaam van jare gelede.

Dit is dofgroen teen ‘n dowwe landskap wat die engtes van eensame reisigers verklap.

vele vroeëre passasiers het op die bodek van die dubbeldekker bus gereis. In hulle heelheid, gemeenheid, droefgeestigheid, eensaamheid en enkelvoudigheid net in of slegs  hulle eie geselsskap. Hulle het te midde van spraak klank ritme en golwing net met hulle alleen gepraat . niemand kon hulle alleengesprek omdie droewe, land, wereld en heelal vertsaan nie.net hulle en hierdie kanklose ewigheid. soos miere sonder ‘n koningin was hulle reisigers na nerens.

hulle eetgerei en voedsel was mikromaties aanmekaar gevleg.

totdat hulle ook eendag in ‘n mensgemaakte spruit tot stilstand sal knars. daar war die egiptiese arts die laaste ingewande verwyder met ‘n verroeste kalpil en geen ingewandskoors of skeerbuik daar meer sal wees nie. net die singende wind van weleer wat sigloos waai, so waai ons oor die aarde.

Soos die Bybel sê: stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.

Here, my God, tot u alleen.  

OORDENKING: PSALM 16.


                                                             SY SKOONHEID

                                    “Uit u hand kom net wat mooi is.”  Psalm 16:11

Die Bybel is vol daarvan. Alles wat goed is, kom van God af. God is nie die oorsaak van die sonde nie. Hy is die Heilige. “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees heilig, want  ek is heilig.” (Lev. 11:44).  Maar ons heilige God is liefdevol:  “God is liefde.. “ (1 Johannes 4:8). Dit beteken: ons kan sonder vrees na Hom toe gaan. Hy is ons goedgesind. Hy het al ons onheiligheid deur Jesus Christus vergewe. Die dag toe ons tot bekering gekom het, het sy vergifnis ingetree en sy veroordeling verdwyn: “Wie in Hom (Jesus) glo, word nie veroordeel nie.” (Johannes 3:18). In sy goedgesindheid  lewe ons vry van die vloek op die sonde: lewe ons lig,  sonder swaar gewigte in ons gemoed.

God het ‘n nuwe atmosfeer geskep: Nou kan ons in vryheid Hom alle eer en dank toebring: nou kan ons saam met die Psalmis uitroep: “Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.” (Psalm 16:5). In ons het ‘n nuwe bestaan aangebreek. Ons kyk met ander oë na ons omgewing en na ons naaste. Moontlik sien ons vir die eerste keer die skoonheid  van God se skepping raak.

Kom ons begin getuig van God se goedheid, sy sorg, sy hulp en sy sëen. “En julle moet getuig, want julle is van die begin af by My.” (Johannes 15:27).

 

GEBED

Goeie God, vir die eerste keer sien ons die skoonheid van die lewe raak. Gee aan ons die moed om van u goedheid te getuig.

 

VRAE

1.      Van watter Goddelike sorg  praat Psalm 16?

2.      Wie of wat verhoed sonde struikeling? Wat behoort ons prakties te doen? 

                                                                  

 

                                                            

 

 

WAY BETTER THAN POPCORN


Hendrik Rocher’s testimony:

On Mother’s Day 2002 God saved me from the power of heroin, and all other drugs. Some ordinary Christians — including my mother and Ernest…

WAY BETTER THAN POPCORN is a book: of salvation, family secrets and shames. Hendrik said: Mom was a wreck….

http://www.seker.co.za/

Friday 27 November 2015

ONVERGANKLIK


 

ONVERGANKLIK.

U, o God, is al een onverganklik

Nie afhanklik

Ons projekteer,

Ons diskusseer,

Ons redeneer

U, o God, is onsterflik

Nie verganklik

Ons vergaan

Ons vertoef

Ons verkeer

U, o God, is onstoflik

U bestaan

Ons stoflik

Ons sinkbaar

Ons sienbaar.

U bly onverganklik.   

OORDENKING: PSALM 22


                                                   PSALM 22

                                                      VERLATE

                      “My God, my God, waarom het U my verlaat ….. ? Psalm 22:2

Om twaalfuur het die hele Palestina donker geword. Jesus was aan die kruis. Hy het uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” (Matteus 27: 45). Dit beteken: “My God, my God, waarom het U my verlaat?.” (Psalm 22:2). Jesus het Psalm 22:2 aangehaal toe Hy gesterf het.  Jesus Christus was verlate. So ‘n verlatenheid is onvoorstelbaar. Niemand van ons was al ooit só alleen nie. Hierdie verlatenheid was daardie oomblik toe Christus die vloek van die sonde namens die ganse menslike geslag moes dra. 

Genadiglik het Jesus dié prys vir ons betaal. Genoegsame dank hiervoor kan ons nie na behore aan God bring nie. Tog voel ons dikwels verlate. Soms is dit net ‘n verlatenheidsgevoel, ander kere kom dit as ons deur ander mense swak behandel word. In ‘n tyd van ernstige siekte, kinder-, en ouerprobleme, sowel as in enige ander moeilikheid, voel ons verstote en alleen gelaat: sonder God of iemand anders se hulp. Partykeer word die lewe te veel om te dra. Dan voel asof ons op ‘n eiland is; ver van alles en almal.

Wat moet ons doen? Onthou wat God gesê het: “God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Hebreërs 13:5). Hou vas aan dié woorde en bid in daardie oomblikke van verlatenheid soos nog nooit tevore nie. Hy is by ons, sê Hyself. Hy is in ons. Sy Gees is in ons.

 

GEBED

Ons Vader, dikwels voel ons van U en ons medemens afgesonder en verlate. Dit is vreeslik om alleen in moeilike omstandighede te wees. Gee bomenslike krag om te bly glo dat U steeds by ons  in donker dae is.

 

VRAE

1.      Was daar spesifieke tye wat die Psalmis van Psalm 22 verlate gevoel het? Waarom sou u so sê?

2.       Wat het die Psalmis gedoen om sy verlatenheid aan te spreek?

 

 

 

 

 

Thursday 26 November 2015

WINTERWIND.

WINTERWIND.

die son is skel
die strale is fel

die aarde bewe
die aarde klewe

groen gras geel
geel gras groen

gewasse verskraal
gewasse verdor

in die somer
met die winterwind verkrummel.

OORDENKING: PSALM 20


PSALM 20

                                                                 GEBEDE

                                                    “Mag die Here u gebed verhoor… “ Psalm 20:2

Opregte christene wil graag bid. Daar is verskillende redes waarom ons wil bid. Sommige van ons het ‘n brandende behoefte om met God in aanraking te kom. Ons sonder ons af: ons word stil. Ons het ‘n spesiale gebedshouding; ons wag vir God om met ons te praat soos met Elia: “Daar (is) ‘n fluistering in die windstilte..” (1 Konings 19:12) Hierdie tere ontmoeting is beslis vir baie die hoogtepunt van hulle geestelike lewe. Vir ander is lofprysing ‘n moet. Hulle sal met oorgawe aan God al die eer deur sang en gebed bring. Menige gelowiges het ook ‘n sterk gevoel om in gemeenskaplike gebed saam met ander wedergeborenes te verkeer.

Vir ander is gebed noodsaaklik, want hulle aanbid God as die Voorsiener vir hulle daaglikse behoeftes. Hulle hou huisgodsdiens,  bid voor etes,  leer hulle kinders en kleinkinders om te bid en  vra die Here om sy beskerming en sëen op hulle lewens. So bid die boere tot die Here om sy sëen en rëen op hulle boerdery. Sommige van ons bid as die probleme druk. Dan bid ons kort skietgebede: ons smeek die Here om uitkoms in moeilike situasies.

Gelowiges het verskillende gebedstyle en redes waarom hulle bid. Maar dit  maak nie saak hoe ons bid,  wat ons bid en waarom ons bid nie.  Een ding is seker: ons mag bid soos die Gees ons lei, want die Bybel sê: ”Bid sonder ophou.” (1 Tessalonisense 5:17). 

 

GEBED

Here Jesus, ons aanbid U net soos ons is. Ons weet u aanvaar ons met ons hele geskiedenis. Gee ons verdraagsaamheid jeens mekaar, sodat ons andere se gebedstyle sal eerbiedig.

 

VRAE

1.      Wat staan daar in Psalm 20 wat ons moed gee in verband met gebedsverhoring?

2.      Op wie of wat moet ons vertrou as ons bid? Waarom doen ons dit nie?

 

AFRIKAANS: EINDE OF NUWE BEGIN?


AFRIKAANS: EINDE OF NUWE BEGIN?

Die tendens is dat Afrikaans tans afgeskaal word as Universiteitstaal. Binnekort word Afrikaans as onderrigtaal by Staatsuniversiteite nie meer gebruik nie.

Ons reaksie is belangrik. Ons Afrikaanssprekendes se reaksie hierop is bepalend.

Vireers is ons nie ‘n homogene groep nie. Ons sal verkillende opinies hê. Sommige sal net eenvoudige verklaar dat Engels die taal is wat oor die ganse aarde gebruik word. Om in Afrikaans te werk is dus isolerend. Ander is pessimisties en wil teen wil en dank die regering dwing om die status quo te handhaaf.  Solidariteit het Akademia begin. Ander is net apaties en wil net eet en gaan slaap.

Vir my is dit die begin van ‘n nuwe era vir Afrikaans. Nou moet ons murg in ons pype hê. Kry alle rolspelers bymekaar wat Afrikaans as Universiteitstaal wil behou. Snoer kragte saam en begin ‘n Reddingsdaadbond vir Afrikaans.

Wat dink jy?   

Wednesday 25 November 2015

OORDENKING: PSALM16.


                                                                 PSALM 16

                                                             SY SKOONHEID

                                    “Uit u hand kom net wat mooi is.”  Psalm 16:11

Die Bybel is vol daarvan. Alles wat goed is, kom van God af. God is nie die oorsaak van die sonde nie. Hy is die Heilige. “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees heilig, want  ek is heilig.” (Lev. 11:44).  Maar ons heilige God is liefdevol:  “God is liefde.. “ (1 Johannes 4:8). Dit beteken: ons kan sonder vrees na Hom toe gaan. Hy is ons goedgesind. Hy het al ons onheiligheid deur Jesus Christus vergewe. Die dag toe ons tot bekering gekom het, het sy vergifnis ingetree en sy veroordeling verdwyn: “Wie in Hom (Jesus) glo, word nie veroordeel nie.” (Johannes 3:18). In sy goedgesindheid  lewe ons vry van die vloek op die sonde: lewe ons lig,  sonder swaar gewigte in ons gemoed.

God het ‘n nuwe atmosfeer geskep: Nou kan ons in vryheid Hom alle eer en dank toebring: nou kan ons saam met die Psalmis uitroep: “Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.” (Psalm 16:5). In ons het ‘n nuwe bestaan aangebreek. Ons kyk met ander oë na ons omgewing en na ons naaste. Moontlik sien ons vir die eerste keer die skoonheid  van God se skepping raak.

Kom ons begin getuig van God se goedheid, sy sorg, sy hulp en sy sëen. “En julle moet getuig, want julle is van die begin af by My.” (Johannes 15:27).

 

GEBED

Goeie God, vir die eerste keer sien ons die skoonheid van die lewe raak. Gee aan ons die moed om van u goedheid te getuig.

 

VRAE

1.      Van watter Goddelike sorg  praat Psalm 16?

2.      Wie of wat verhoed sonde struikeling? Wat behoort ons prakties te doen? 

PSALM 10 NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


PSALM 10

GOD IS BARMHARTIG.

1. Waarom is U, Jesus, so afsydig?

Waarom  is U afwesig in my nood?

2. Die godlosses se grootheidswaan loop dik in hulle are,

hulle verniel en vernietig ‘n hulpelose mens.

Wraakgedagtes en aksies help nie,

want U het gesê dat die wraak God toekom.

3. Ten spyte van my aanvaarding dat U,

Jesus, alle mag in die hemel en op die aarde het,

weet ek dat hierdie gewetenloses ‘n obsessie met die geldgod het,

want hulle maak hoopvolle berekeninge,

en werk strategië uit om meer en meer te in. 

Hulle is grensloos hebsugtig,

hulle uitoorlê mekaar om elke hoek en draai.

In hulle dwase selfspraak wens hulle hulleself by voorbaat geluk met hulle suksesse.

U, Here Jesus, word beslis nie geag nie.

4.In hulle selfwaan, sê hulle:

“God se wet is soos ‘n neus van was

jy draai dit net soos jy wil.”

‘n Gewetenlose neem God geensins in ag wanneer hy geslepe is nie.

5. Hulle werk lustige planne uit hoe om my uit te buit.

Hulle lag selfvoldaan, want hulle dink dat hulle alreeds wins behaal het..

Hulle lyk so gelukkig en hulle prys hulleself as baie suksesvol.

6. Hulle dink: ons sal nooit misluk nie,

en geen agteruitgang is moontlik nie.

7. Hulle blameer andere vir die geringste probleme wat opduik,

hulle gaan voort om bose planne te smee,

want hulle beplan onwenslike dinge teen my.

8. Skokwekkende dinge word beplan

wat niemand, as hulle dit hoor, sal dit glo nie. 

9. Die papierleeu word ingespan om my vas te trek,

teken net hier en teken net daar dan is ons vriende, sê die geslepenes.

So wil hulle my heelhuids verslind,

10. sonder om ‘n oog te knip,

en dit sal my einde beteken.

11. Hulle bly glo: God kyk ander pad,

as Hy wel bestaan,

en waarom sal hulle, hulle buitendien aan Hom steur as Hy daar is.

12. Here Jesus, ek beroep my op U almag wat U aan die kruis en in die graf getoon het.

Opgestane Heiland ek is hulpeloos en alleen.

Ek weet egter: U is beslis nie onbetrokke by my nie.

13. Hoe kan die godlosses dit waag om U, Vleesgeworde Woord, te verag?

en dan te kan bly glo dat hulle skotvry daarvan sal afkom,

net hulle weet hoe dié dwaasheid kan slaag.

14. Van die begin af is U daar, en sien U alles,

U sien die onreg wat teen mense gepleeg word

veral die wat marginaliseer word,

en ander wie se menswaardigheid aangetas is.

U is besig om algaande hierdie kwaad

uit die gemeenskap te verwyder.

15. Jesus, U is soos die Barmhartige Samaritaan:

U verbind die etterige wonde van die slagoffers:

U verander die lot van die weeskinders:

U verskaf voedsel aan alle hongeres.

16. Die Koning van die Koninkryk het ongekende mag,

daarom sal reg en geregtigheid seëvier.

17. Ek loof U vir U liefdevolle regering, Here Jesus!

U is Koning van alle ewigheid.

U wil geen sondaar laat verlore gaan,

maar eerder hulle bekering bewerkstellig,

U gee insig en verandering,

wat U Gees sonder uitsondering, aan elkeen wil skenk.

18. Here Jesus, aan die kruis het U uitgeroep:

“Vader, vergewe die misdadiger hier langs my,

vergewe elkeen wat my onskuldig kruisig,

vergewe elke sondaar,

elke godelose wat hom tot my keer.”  

Jesus, nou het ek goeie moed,

want ek het vriend en vyand,

se kwaad, teen my vergewe.

Daar is niks en niemand meer om te vrees nie.  

 

Tuesday 24 November 2015

TYD DAT ROOMS KATOLIEKE KERK EN PROTESTANTE PRAAT.


                                         
TYD DAT ROOMS KATOLIEKE KERK EN PROTESTANTE PRAAT.
Die Bybelse rede is Johannes 17. Jesus bid dat daar eenheid tussen sy volgelinge sal wees.  Dus dat daar ook moontlik een dag eenheid tussen Rooms Katolieke Kerk en Protestante sal wees saam met die Charismate.
Tweedens die persoonlikheid van die Pous is reg vir so ‘n gesprek. Die   Pous is oppad na Afrika. Hierdie Pous het ‘n uitwaardse en plat op die aarde styl. Hy is moontlik nie so skolasties soos sy voorganger nie. Elke Pouslikeperiode word deur ‘n bepaalde pous se persoonlikheid gestempel. Lees Wegener se Boek oor die LEWENDE KERK ivm hiermee.
Derdens het sekularisasie oorhand toegeneem in die Kerklike kontinente. Die eeu van die Verligting en die eeu van die Elektronika het veranderinge in die geloofsgevoel en lewe van kerklidmate gebring. Dit sal aangespreek moet word as die Kerk relevant wil bly.
Vierdens is die Islam wat 1 en ‘n half biljoen aanhangers het  ‘n faktor om in berekening te bring. Is hulle ‘n moontlike sendingobjek? Wat van die ander godsdienste?
Wat dink jy?