Sunday 29 November 2015

DIE BUS VAN BULBERG.


DIE BUS VAN BULBERG.

 

In ‘n stil staande spruit

in die kambro karoo

oorkant Bulberg

staan ‘n roerlose bewegende bus

groter regop parkeer as al die dynserige bossies saam.

met grynslaggende dakkoepels soos maskermonde ewig oop

roepend roerend rasend teen God

‘n geboorte is geen nuwe lewe ooit

‘n geboorte is ‘n gedrog , ‘n Frakenstein, ‘n monster

gepredestineer om te sterf.

Vandat sperm en ovum ontmoet is die dood die spektrum

gene is geneties gechromosoneer

reigend deur selinfeksie eindigend verdomp

sydelings

vir verbygaande emigrante

wat hulle haas na die kaap

en haas en haas en haas na die kaap

is die klank in ‘n geluidlose lug

wat knor met knaldempers wat lol

maar die hol kol knal

want die knolle na die kaap

vergeet die duisende skaduwees

wat versmeld in die vergetelheid.

van die eens knusse busse se kopees

op pad na die tuisland

Die bus van Bulberg in die Karoo

staan daar ongesteurd

geeneen kan dit versteur,

want dit het in die spruit tot stilstand geknars.

Die San het die Karoo gedoop tot droogte--geteisterd.

Geen silwer water is beskikbaar om die bus se roete te verteur.

net die winde huil af en toe om die eensame boeg

wat daar hoog uittroon in die karoo tot monument vir die eensame en vergete reisiger.

Die dakhoepels is soos die glimende ribbebene van ‘n ontbinde lyk:

wat na jare van stille verblyf onder die aarde opgegrawe is vir verdere herderlike nekrologie.

Die panele langs die sye is soos die laaste omhulsel van ‘n vergane liggaam van jare gelede.

Dit is dofgroen teen ‘n dowwe landskap wat die engtes van eensame reisigers verklap.

vele vroeëre passasiers het op die bodek van die dubbeldekker bus gereis. In hulle heelheid, gemeenheid, droefgeestigheid, eensaamheid en enkelvoudigheid net in of slegs  hulle eie geselsskap. Hulle het te midde van spraak klank ritme en golwing net met hulle alleen gepraat . niemand kon hulle alleengesprek omdie droewe, land, wereld en heelal vertsaan nie.net hulle en hierdie kanklose ewigheid. soos miere sonder ‘n koningin was hulle reisigers na nerens.

hulle eetgerei en voedsel was mikromaties aanmekaar gevleg.

totdat hulle ook eendag in ‘n mensgemaakte spruit tot stilstand sal knars. daar war die egiptiese arts die laaste ingewande verwyder met ‘n verroeste kalpil en geen ingewandskoors of skeerbuik daar meer sal wees nie. net die singende wind van weleer wat sigloos waai, so waai ons oor die aarde.

Soos die Bybel sê: stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.

Here, my God, tot u alleen.  

No comments:

Post a Comment