Sunday 22 November 2015

DIE VN SE VEILIGHEIDSRAAD EN DIE VORMLOSE STAAT?


DIE VN SE VEILIGHEIDSRAAD EN DIE VORMLOSE STAAT?

Die VN of die VVO, soos ons dit geken het, bestaan tans uit 193 state of geografiese lande. Die lande het grense en hoofstede, dit het regeerders en weermagte ens.

Op ‘n onlangse sitting van die Veiligheidsraad, uitvoerende bestuur, van VN is daar ‘n besluit teen IS geneem. IS is gebrandmerk as terroristiese staat en veroordeel weens die wandade gepleeg.

Hierdie Islamitiese Staat is vormloos. Dit kwalifiseer nie soos ‘n staat behoort te funksioneer nie. Die IS is op die oomblik min of meer gelokaliseer in Sirië, Irak en Afganistan. Maar hulle lede is in haas elke land. IS het nie ‘n Hoofstad, President, tradisionele Weermag en enige staatsdiens nie.

IS is vormloos en dus uiters gevaarlik. Die vormlose organisasie het guerilla lede oor die wêreld heen. Dit slaan toe sonder bevel van ‘n Hoofkantoor. Tydens die Anglo-Boereoorlog is guerilla oorlogvoering deur los kommandos uitgevoer, maar nou is dit Individue. Enigeen wat simpatie het met IS kan oral toeslaan.

Opspoorbaar? Weet nie, hoe nie. In Israel loop mense met messe en steek ander dood. Weet nie hoe om sake op te klaar nie. Waaksaamheid, ja, maar dit sal net tot op ‘n punt help.

TANS is die wêreld onherroeplik verander.

Moontlik het die VN geskiedenis gemaak om vir die eerste keer ‘n besluit teen ‘n vormlose staat te neem?  

No comments:

Post a Comment