Wednesday 18 November 2015

PSALM 1: OORDENKING


 

                                                  PSALM 1

                                           JESUS SËEN ONS.

                                   “Dit gaan goed met die mens….”      Psalm 1:1

God het ons in die Naam van Jesus Christus gesëen. “Daarom het God sy Dienaar na die wêreld toe laat kom en Hom heel eerste na julle toe gestuur om vir julle tot ‘n sëen te wees … “ (Handelinge 3:26). Sonder Sy Seun sou dit beslis nie met ons goed gegaan het nie. Ten spyte van hierdie goddelike goedgesindheid , twyfel ons steeds of Hy sy guns oor ons gebied het: ons voel eerder vervloek. Alles loop skeef in ons lewens: ons het ouers, kinders, huweliks en werksprobleme. Wie of wat is die oorsaak dat alle rampe ons tref?          Beslis nie God nie.

God gee opnuut aan ons die volgende heerlike versekerings: “Ons (het) met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.” ( 1 Johannes 1:7): Christus reinig ons van elke sonde wat ons onder die son gepleeg het. As ons ons sondes bely, is ons vir eens en vir altyd vergewe.  Desnieteenstaande het Jesus veel meer vir ons gedoen. Hy is vervloek weens ons sondes. “Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ‘n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: “Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout opgehang is.” (Galasiërs 3: 13). Die vloek wat op ons gerus het, het Hy uitgewis aan die Kruis. In Christus is ons nie meer vervloektes nie, maar God se gesëendes.

 

GEBED

Here Jesus, dit is moeilik om te aanvaar dat U ons gesëen het. Ons moet bely dat ons probleme u sëen in ons gemoed vernietig het. Gee oorwinningskrag, Here Jesus, dat ons saam met Psalm 1 kan bely dat dit met ons goed sal gaan.

 

 

VRAE

1. Gelowiges moet seker gevare volgens Psalm een vermy. Wat is dit?

2. Hoe kan ons geestelike vrugte dra soos die boom van Psalm een?

No comments:

Post a Comment