Thursday 19 November 2015

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Joh 6:47  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.

‘n Filosoof het op ‘n dag gesê: wat ek nie sensories kan waarneem nie, glo ek nie. Maw volgens hom aanvaar hy nie die ewige lewe nie, want niemand het hom sigbaar daarvan kom oortuig nie. ‘n Donker einde wag op hom.

Maar vir ons as gelowiges is daar ‘n ander sigbare bron. Dit is die Bybel. Ons kan dit sien en aan dit voel. Dit is ons sensoriese maatstaf. Ons kies dus die woorde van die Bybel. Die Bybel is die kenbron van ons geloof.

In die Bybel kom Jesus, ons verlosser, en hy sê: elkeen wat in hom glo, het die ewige lewe. Dit kan ons sien. Ons sien sy woorde op skrif. Maar ons glo dit, daarom het ons die ewige lewe. ‘n Ewige lewe in sy Lig wag op ons.

No comments:

Post a Comment